Wanneer ’n vrou blaas en krap is sy weer pure kat
Wanneer ’n vrou begin blaas en krap moet jy weet sy is “fighting fit”.

Die tierboskat wat Donderdag op die Loskopdampad (N11) raakgery is, het sodanig herstel, dat sy vanoggend op ’n plaas naby Groblersdal vrygelaat is.
Veearts Elsabe Venter, van Loskop Dierekliniek, sê die kat was vol lewe en haar geblaas, het gewys dat sy reg is om weer die wye wêreld aan te durf.

Daar is vasgestel dat dit ’n jong wyfie van sowat nege maande oud is. Sy weeg net 4.9 kg terwyl ’n volwasse mannetjie 17 kg weeg en die wyfie 11,5 kg.
Die rooikat is soepel en kragtig gebou, met lang bobene en skerp intrekbare kloue.
Die kat se lewe is gered deur ’n trokbestuurder, net bekend as Bheki, wat in die pad gestop het om ander motoriste te waarsku en Zak van Aswegen, van Alzu, wat die beseerde dier met sy baadjie toegegooi en na die veearts geneem het.
Daar word vermoed dat ’n voertuig haar kort tevore teen die kop getref het, omdat daar bloed by haar mond en neus uitgeloop het.
Daar is nog tierboskatte op die plaas waar sy vrygelaat is en daar word gehoop dat die wyfie met nege lewens gou sal aanpas.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
