Kerk word uitgedaag met inperking
Met die nuut ingestelde vlak 4 inperking, wat onder andere kerkdienste verbied, is daar inwoners wat voel dat hul kerk hul in die steek laat.
Daar is met ds. Colin Hertzog van die Hervormde Kerk Noord gesels oor die uitdagings wat die kerk in die gesig staar gedurende die Covid-19 pandemie.
Ds. Hertzog sê dat die pandemie almal onkant gevang het.
“Mense hanteer Covid verskillend. Daar is die wat so ver moontlik wil afsonder en geen kontak wil hê nie en dan ander wat so normaal as moontlik wil voort gaan en selfs bereid is om inperkings regulasies te verbreek. Die een groep voel mens beproef hul gemaksone as jy hulle besoek, terwyl die ander groep afgeskeep voel omdat jy hulle nie besoek nie.”
Hy sê dat veral ouer mense reeds besoek wil word, maar dat hul kinders dan vir hom kwaad is, omdat hulle meen hy stel hul ouers se gesondheid in gevaar.
Ds. Hertzog self moes vir 20 uit die laaste 30 dae isoleer omdat hy in kontak was met Covid-19 positiewe mense, wat baie keer uitvind hulle is positief eers nadat hy hul besoek het.
Wat kerke betref sê ds. Hertzog dat nie alle kerke ingerig was om elektronies te kommunikeer nie.
“Nie almal het al hul lede op WhatsApp groepe nie. Jy kan ’n broadcast uitstuur op WhatsApp maar die persoon sal slegs die boodskap ontvang as hulle die kerk se nommer gestoor het. So hulle dink daar is geen kommunikasie nie, terwyl daar al die tyd boodskappe uitgestuur word. Met die nuwe POPIA wet kan jy ook nie sommer ’n klomp mense op ’n WhatsApp groep laai, sonder hul toestemming nie.”
Hy sê op nasionale vlak was daar kritiek uit sommige oorde op gemeentes wat steeds dienste of byeenkomste gehou het en die kerk is van liefdeloosheid beskuldig, omdat hulle lede se gesondheid ingevaar stel.
Ander het die kerk weer beskuldig dat hulle te maklik “oorgee” as hulle nie dienste hou nie.
By sy eie kerk sê ds. Hertzog dat die kleingroepe onderling kommunikeer. Vergaderings en groepbyeenkomste word op Zoom gedoen.
Ds. Hertzog stuur daagliks dagstukke uit en eredienste word op ’n sekere tyd op Sondae op YouTube gelaai. Hy probeer die gemeente betrokke te hou deur te vra vir insette. Sy gemeentelede neem steeds deel aan dienste, al is dit nou met stemboodskappe en WhatsApp videos.
Tydens sy laaste diens het hy kinders gevra wat hulle bang maak van Covid-19 en talle videos ontvang. Mense wat siek is word geskakel en kan ook besoek word.
Ds Hertzog sê dat hy al die nodige veiligheidsmaatreëls tydens besoeke handhaaf en dit waar moontlik in die buitelug doen. Hy wil ook eers met bejaarde mense se kinders in kontak wees voor hy hulle besoek.
Hy sê dat die kerkkantoor vir die afgelope maand reeds lamgelê is deur kantoorwerkers wat moes isoleer.
“Dit bly moeilik. Mens ontwikkel ’n aanvoeling van die behoeftes van jou gemeente deur fisiese kontak met hulle, om hulle in die oë te kyk en met hulle te gesels. Dit is nou baie moeilik om daai gevoel te ontwikkel, maar ons sal nie negatief word nie. Ons hou aan probeer en leer deur foute.”
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
