Intensiewe eenheid vol en tog…
Ten spyte van weeklikse Covidverwante sterftes en ’n vol intensiewe eenheid, is daar steeds mense wat hulle nie steur aan Covid-19 regulasies nie.
•’n Inwoner het sy misnoeë uitgespreek, nadat daar berig is oor ’n kinderpartytjie, waar die drank vrylik gevloei het.
•Inwoners het ook gereageer na ’n video-opname op www.mobserver.co.za geplaas is, van skoolkinders wat saamdrom terwyl twee sangomas in ’n kringetjie, sonder maskers, dans.
•’n Vrou, wat anoniem wou bly, het ook vertel van die personeel by ’n plaaslike eetplek in die middedorp, nadat sy kos bestel het. Terwyl sy haar bestelling geplaas het, het nie een lid van die personeel, vanaf die kasregister tot in die kombuis, maskers gedra nie.
Tydens haar besoek, het sy byna “histeries geraak” nadat iemand in die kombuis genies het.
Wat haar die meeste ontstel het, was toe die bestuurder gelag het oor haar klagte. Sy het inwoners aangeraai om die personeel by die eetplekke dop te hou, en voel sulke gevalle moet gerapporteer word.
Plaaslike dokters en aptekers het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om verantwoordelik op te tree, terwyl hulle tans ’n stryd voer teen die derde golf.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
