‘Covid pakkies’ kan mense dood maak
’n Vrou wat “Covid Care” pakkies op Facebook geadverteer het, het ’n plaaslike ongevalle dokter erg omgekrap.
Op die pakkies wat geadverteer word vir R350, staan dat daar onder andere antibiotika en kortisoon, in die pakkies is. En dit is net hier waar die gevaarligte vir dr. John Welsh (Middok 24, Life Midmed Hospitaal se Ongevalle afdeling) flikker.
“Watter dokter het daardie antibiotika, wat boonop penissilien inhet, en daardie kortisoon voorgeskryf? Eerstens is Covid ’n virus en aktibiotika werk nie daarvoor nie. Die kortisoon gedurende die replikasie fase van die Covid virus maak dat jou natuurlike immuniteit onderdruk word en jy kan baie sieker word. Ek sien dit op ’n daaglikse basis. Baie mense sterf selfs!”
Hy het gesê dat antibiotika voorskrif medikasie is en dit is onwettig om dit net so te verkoop.
“Die antibiotika word 70% in sy aktiewe vorm uitgeskei! Dit dryf antibiotika weerstandigheid, want mense verkoop nou antibiotika soos Smarties! Ek kan nie genoeg sê hoe gevaarlik hierdie ‘Covid Care’ pakkies is nie. Die pakket is baie, baie baie gevaarlik en moet stopgesit word! Wie gaan verantwoordelikheid daarvoor vat as iemand doodgaan nadat hulle dit gebruik het?”
•Die joernalis het die vrou wat die pakkies op Facebook geadverteer het in die Vaaldriehoek opgespoor.
Sy was bereid om met die joernalis te praat, maar gepleit dat sy anoniem gehou word.
“Ek het gedink ek doen goed. Ek het die pakkie by ’n apteek hier naby ons gekoop en gedink dit is wonderlik dat die apteker mense help wat nie ’n medies het nie, want daar is baie medikasie in. Ek het alles wat in die bruin sakkie was, voorop geskryf en gedink ek kan dit vir hulle adverteer. Ek het nié geweet dit is gevaarlik nie.”
Volgens die vrou het sy nie een bestelling gekry nie.
“Facebook het die oomblik toe ek dit opsit, dadelik verwyder. Ek het ook nie geweet dat ek dit nie mag adverteer nie.”
Sy het verskoning gemaak as sy moontlik ’n reël oortree het.
“Ek wou nie moeilikheid maak nie. Ek wou net help.”
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
