“Jeugleier het my kinderdae gesteel”
Sy was net 11 jaar oud toe die jeugleier haar kaal uitgetrek, betas en foto’s geneem het.
“Niemand wou my glo nie, tot die dag in 2018 wat daar massas kinders en na vore gekom het. Toe het almal my skielik geglo.”
Die jong vrou (haar naam word weerhou omdat sy ’n slagoffer van ’n beweerde seksmisdaad is) wat haar verhaal vertel, praat met ’n sterk stem.
Sy is gelukkig getroud, maar is tog hartseer dat haar kinderlewe by haar gesteel is deur ’n jeugleier wat “kwansuis met perdryterapie wou help. Ek was egter nie die enigste nie….”
Sy wil haar verhaal vertel, want sy weet daar is baie kinders daarbuite, wat te bang is om te praat oor molestering en verkragting. En dan is daar ook dié wat wel uitgekom het met die waarheid, maar nie geglo word nie.
“Ek was een van daardie kinders.”
Sy onthou die pyn toe sy as 10-jarige wees gelaat is met haar ma se afsterwe. Daar was grootouers, maar weens moeilike omstandighede, is sy in die kinderhuis gesit.
Haar ma se dood het haar hard getref en sy was ’n moeilike 11-jarige.
Sy is vir perdryterapie gestuur, aangesien dit sou help om haar aandag af te lei.
Dit is hier waar sy die “vriendelik oom”, ’n jeugleier, ontmoet het, wat na haar hartseer verhaal geluister het, haar vertroue gewen en haar uiteindelik sover kon kry om hom te vertel dat sy op agtjarige ouderdom deur iemand betas is.
Kort daarna het dinge skielik verander. Sy beleef weer die dag toe hy haar as 11-jarige vasgedruk, kaal uitgetrek en betas het. Terwyl hy dit gedoen het, het hy foto’s geneem.
“Hy het my daarna gedreig en gesê dat as ek iets sê, sal hy die foto’s vir mense wys en vir hulle sê ek het dit geniet en wou dit hê.”
Sy was vreesbevange, maar het tog later haar ouma vertel. Hulle het gesê hulle glo dit nie van hom nie en dat sy “moet ophou stories opmaak.”
Later is sy uit die kinderhuis uit en het by haar ouma hulle gaan bly. Hulle het kort-kort verhuis.
Sy was nie ’n maklike tiener nie en is daar weer voorgestel sy moet vir perdryterapie gaan. Die terapeut was niemand anders as die man wat haar op 11 gemolesteer het.
Sy wou nie gaan nie, maar is gedwing om dit by te woon.
“Hy was ’n psigopaat op alle vlakke, want hy het almal gemanipuleer en almal was lief vir hom…almal behalwe ek en ek glo die ander kinders wat ook daar was vir die terapie. Ek het vir my ouma gesê ek wil nie en het wéér gesê wat hy aan my gedoen het, maar dit is afgelag.”
Terwyl sy een keer alleen saam met hom was tydens die terapie, het sy hom reguit gekonfronteer oor wat hy aan haar gedoen het.
“Hy het vir my gelag en gesê niemand sal my glo nie. Dit was net ’n grappie.”
Wat haar ontstel het, is dat hy haar probeer uitlok het.
“As ek daar was, het hy gesê ek moet langs hom kom sit. Dan gaan hy in op sy skootrekenaar waar pornografie was. As ek opgestaan het om te loop, het hy gesê dit ‘was net per ongeluk.”
In hierdie tyd het sy besef sy is nie die enigste slagoffer van sy “beheptheid met jong kindertjies nie.”
Sy het opgemerk hoe hy van die dogtertjies, “van hulle net 11 en 12 jaar oud, natgooi en dan vir hul borsies, wat nog nie eers ontwikkel het nie, kyk.”
Een aand moes sy saam met een of twee ander kinders by sy huis oorslaap, omdat hulle die volgende dag met die perde in ’n ander dorp sou gaan deelneem. Sy het hom vermy, maar moes die koeldrank drink wat hy vir haar aangebied het.
“Ek onthou dat ek in die sitkamer gesit het. Daarna onthou ek niks. Die volgende dag het ek in my bed wakker geword en ek was vir ’n paar dae seer. Ek glo ek is verkrag, maar niemand sou my glo nie.”
“Nadat ek 16 geword het, het ek by my kêrel ingetrek om weg te kom van daardie gemors af. Ons is getroud kort nadat ek 18 geword het. Ek weet wel dat die molesteerder verdwyn het uit die dorp kort nadat ek daar weg is.”
Sy het ter afsluiting gesê dat die molesteerder “geteer het op stukkende kinders wat uit moeilike omstandighede gekom het. Baie van hulle uit kinderhuise. Hy was daardie persoon van wie niemand dit sou verwag nie. Die man met die Bybel onder die arm. Die amazing jeugleier, wat almal oortuig het hy is so wonderlik.”
•In 2018 het sy verneem dat haar molesteerder gearresteer is nadat vele sake geopen is.
•Www.mobserver.co.za het navraag gedoen en verneem dat dit waar is dat die verhoor van die man later hierdie maand in ’n ander provinsie begin. Hy word aangekla vir vele sake op minderjarige kinders in ’n sekere dorp en hul sake sal eers aangehoor en afgehandel word.
•Die volwasse vroue, wat as jong meisies na bewering gemolesteer is, se sake sal later op verhoor gaan. Die vrou se verklaring is ook reeds geneem.
•Die verdagte se naam sal gepubliseer word, sodra hy gepleit het.
•Sy het gemeld dat hy in verskeie provinsies, “kinders met perdryterapie gehelp het.”
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
