Wie is die ouens in swart by begraafplaas?
My man het ’n snaakse gesegde as iemand hom beskuldig van iets wat die waar is nie. “As die son val, dan is dit seker ook my skuld.”
Nou ja, dit is dieselfde met die koerantbedryf.
As iemand ’n riemtelegram, of kom ons sê eerder ’n gerug gehoor het, dan wéét die koerant mos daarvan.
En dan hardloop stories soos die destydse bostelegraaf rond wat later tot joernaliste “skuldig” maak!
Een so ’n geval, wat al ons joernaliste laat skaterlag het, is die een waarvan ons kwansuis weet van mense by die begraafplaas wat balaklawas dra en goed begrawe.
Klink dit bietjie vergesog? Wel, die stemboodskap sê selfs ons wil nie die publiek inlig nie!
Die stemboodskap, wat wyd op sosiale media gedeel is, sê die volgende:
“George (niemand weet wie is George nie), hoor hierso, daar is bietjie k.. aan die gang hier in Middelburg hoor! Kan jy nie vir ons uitvind wat gaan aan nie? Die Observer het vir hierdie een kliënt van my se dogter (jip, net daar het die riemtelegram begin hardloop) gesê dat hulle weet wat met die mense gebeur het. Die mense loop werk toe verby die bergraafplaas half vyf in die oggende. Dan is daar ’n groep met swart klere en balaklawas op wat goeters daar begrawe. Twee of drie oggende na mekaar het dit gebeur.” “Sy was bang om die polisie te sê. Toe sê die Observer nee hulle mag dit nie bekend maak nie. Hulle het goed gekry daar, maar mag dit nie bekend maak aan die publiek nie. Dis mos nie f…n kosher nie. So vind bietjie uit wat gaan daar aan.”
•Mevrou of mejuffrou die doemprofeet, ons weet ongelukkig nié van die manne in swart met die balaklawas nie.
Bygesê, ons sal graag met die ‘kliënt se dogter’ wil praat om regtig by die waarheid uit te kom. Dan kan ons jou én die publiek inlig of daar wel manne met swart klere en balaklawas is wat goed by die begraafplaas begrawe.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
