Oud Middelburg inwoner vertel van riller tonele in die ‘voorste linie’
’n Oud Middelburg inwoner, wat in Durban bly, sê dat sake baie erger is as wat selfs die media dit ooit kan uitbeeld.
Maritza Kruger, haar man en twee seuns bly in Hillcrest. Hier is haar storie:
“So hier sit ons, gedink ons is baie lucky om naby die see te bly. Nou hunker ek na my ou Middelburg se stof en steenkoollug.
“Ons kan nie diesel in die Fortuner gooi nie, want daar is nie. Dit wat daar wel is, word gespaar vir die Polisie en GPF manne. Die unleaded petrol is klaar, soos party manne se lockdown brandewyn. Die winkels wat oor is maak net sekere tye oop, vir die noodsaaklike goed en dit wat op die rakke is verkoop uit soos soetkoek. Mense met babas raak desperaat vir doeke en melk want, waar gaan hulle kry as daar nie meer is nie? Daai glodina handdoeke sal maar gesny word…
“Die probleem waarmee ons tans sit is: In hierdie week gaan die kosvoorraad begin opraak. Die warehouses is leeg gesteel. Die paaie is toe want die trokke word gebrand en besteel. Wat dan? Jy kan ook nêrens heen gaan nie want die paaie is toe en daar is nie brandstof nie.
“Helikopters, geweerskote en sirenes is nou deel van ons daaglikse bestaan. My vriendin staan op haar stoep en sien hoe Durban brand, ek ruik en hoor dit darem net. Van ons eie dorp se mall is niks oor nie, niks.
“Van die ‘army’ weet geen siel nie, tensy hulle undercover is want die Vader alleen weet hier was nog nie ’n ou of vrou met ’n bruin uniform van ’n dag oud nie, behalwe die wat vir ADT werk.
“Dis nie lekker hier nie. Dis scary, die ‘weet nie wat môre bring nie’ maak my effens mal. Die plek waar my man werk se fabriek is vanoggend ge-loot, gister die cold storage. Miljoene en miljoene rande se skade. Ons sit in spanning in wag en bid dat hulle net nie die fabriek afbrand nie.”
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
