News

’n Kring van gebed om Midmed se ICU

Dit is deur die getuienis van ’n vrou wat self kritiek in die hospitaal was met Covid-19, dat daar gebid is vir genesing vir pasiënte in Life Midmed Hospitaal se intensiewe eenheid.

Die anonieme gebedsoldaat, het vir Judette Franzoso en elke ander Covid pasiënt ’n aand van lofprysing en gebed gereël, nadat sy getuig het dat die Heilige Gees deur Werner en Maryna Malan se geestelike musiek, haar voor die doodspoort weggeruk het.

’n Kragtige getuienis van hoe sy op pad was na die intensiewe eenheid toe sy die musiek hoor, en toe tasbaar kon voel hoe die Here by haar tone begin het om haar te genees.

Toe die dokter vir haar die volgende dag sê dat die behandelig werk, het sy geantwoord: “Nee, dis Jesus wat gewerk het”.

Nadat Judette Franzoso, van Computruck, die virus opgedoen het en vir die laaste 18 dae in die intensiewe eenheid van Life Midmed behandel word, is besluit om geestelik in te tree.

Die Computruck voertuie het buite die intensiewe eenheid gestaan met hulle ligte aan, vir Judette Franzoso wie tans in die hospitaal is.

Pastoor Danie Venter van die AGS Lighuis gemeente is gevra om Donderdagaand, neffens die Witkerk, as gebedsbemiddelaar op te tree. Al Computruck se bakkies, asook motorfietse het opgedaag.

Onder die begeleiding van Werner en Maryna Malan se lofprysing musiek, en pastoor Venter se openingsgebed, is daar hande gelê op ’n afstand vir elke pasiënt in die hospitaal. Lede van die publiek is genooi om sap en brood te bring en daar is nagmaal gehou binne voertuie in die parkeerarea van die Witkerk.

Daar was ook ’n WhatsApp groep gestig waar inwoners gebedsversoeke kon deurstuur vir hulle geliefdes.

Werner en Maryna Malan het al talle kere musiek van lofprysing buite die hospitaal gespeel.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice:

Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments.

As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed.

Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button