Virus laat vrou gedeeltelik verlam
'n Vrou van Marble Hall is gedeeltelik verlam, nadat sy positief getoets het vir Covid-19.
Me. Cielie Kruger (36) waarsku die publiek oor die impak van Covid-19: “Mense verstaan nie die erns van dié virus nie en verstaan nie wat die virus aan jou kan doen nie.”
Me. Kruger het in Junie vanjaar begin siek word.
“Ek het by ‘n apteek gegaan vir die “Rapid”-Covid-19 toets en is negatief getoets. Ná drie kursusse antibiotika, was ek steeds siek,” vertel me. Kruger.
Sy het haar dokter in Gauteng gekontak, wat gesê het hy vermoed dat sy Covid-19 het en by ‘n dokter moet gaan toets. Haar toets het positief teruggekom. Me. Kruger het begin isoleer, maar geen simptome van Covid-19 ervaar nie.
Ná 14 dae het haar gesondheid drasties versleg. Sy het erge rugpyn ervaar, haar voete het begin “doodgaan” en haar bene het ‘n naalde en spelde sensasie gehad.
Sy is Dinsdag, 29 Junie na Life Midmed Hospitaal in Middelburg, waar sy gestabiliseer is en weer vanuit die hospitaal ontslaan is, aangesien daar nie genoeg beddens was om haar op te neem nie.
Teen Donderdag, 1 Julie, na verskeie oproepe, is sy uiteindelik opgeneem in Life Groenkloof Hospitaal, haar onderlyf was reeds verlam.
“Vandat ek uit isolasie is, was dit slegs vyf dae, toe is my hele onderlyf verlam.”
Volgens me. Kruger se dokters, het Covid-19 haar senuweestelsel aangeval en erge inflammasie in haar rug veroorsaak. Me. Kruger sê dat haar dokters nie op dié stadium sal kan sê of sy net tydelik verlam is nie.
“Die dokters weet nog nie of dit gaan reg kom nie, aangesien daar nog nie genoegsame bewyse en voorvalle is nie. My dokter het egter gesê dat dit wel ‘n lang proses gaan wees van fisioterapie.”
Me. Kruger het met fisioterapie in die hospitaal begin, maar is ontslaan, sodat nuwe pasiënte opgeneem kan word.
“Ek is tans by die huis, my infeksietelling is steeds baie hoog, maar ek het geen Covid-19 simptome nie. Ek drink pynpille, pille vir my senuweestelsel en doen oefening en fisioterapie by die huis. Ek kan nie eers klein goedjies doen soos vir my man koffie maak of vir my twee kinders, een van ses en die ander 10, ‘n toebroodjie maak nie. As ek oud was of in ‘n motorongeluk, sou ek dit nog kon verstaan, maar ek is 36 jaar oud en verlam van ‘n virus.”
Aangesien me. Kruger sterk bo-arms het, kan sy bietjie rondbeweeg met krukke, maar sukkel steeds met erge rugpyn.
“Mense vat Covid-19 nie ernstig op nie. Dit is nie ‘n grap nie! As jy positief toets vir dié virus, bly by die huis! Nie almal is so gelukkig om ligtelik daarvan af te kom nie. Daar was saam met my ‘n meisie in die hospitaal, wie se helfte van haar gesig verlam is weens dié virus en mense gaan dood.
“Talle mense vra of ek verlam is weens die entstof. Nee, ek het nie die Covid-19 entstof gehad nie, hierdie is uit-en-uit die Covid-19 virus wat my verlam het. Ek gaan nie vir mense sê om die entstof te ontvang of nie, dit bly hul eie keuse. Al wat ek wil duidelik maak is dat hierdie virus aggressief is.”
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
