Slenter vat pos tydens opname
Kriminele raak meer vindingryk om sukses van hul slenters te maak.
Die munisipaliteit is al verskeie kere by slenters betrek, soos nou weer die geval met gastehuise wat geteiken word.
Daar is aangekondig dat die munisipaliteit, in samewerking met Ntiyiso Consulting, ’n deur-tot-deur opname met betrekking tot water en elektrisiteitsverbruik doen.
Die opname word in wyke 4, 5, 6, 7, 8, 9, 11, 12, 13, 14, 15, 16 en 17 gedoen.
Meters sal gelees word om toe te sien dat die korrekte verbruiker se besonderhede op rekeninge kom. In die munisipaliteit se kennisgewing aan die publiek oor die deur-tot-deur veldtog, word juis gewaarsku dat “die munisipaliteit bewus is van vorige misdade met betrekking tot bedrieglike deur-tot-deur veldtogte”.
In die kennisgewing word ook gesê dat inwoners geensins versoek word om enige geld te oorhandig nie, en indien dit wel versoek word, die polisie dadelik geskakel moet word.
Terwyl die munisipale opname aan die gang is, het ’n plaaslike bedrieër besluit om munt uit die opname te slaan.
Twee gastehuise, Kairos en Del Rosa, is geskakel is deur ’n ene Donald Letsoalo van die “munisipaliteit se elektriese-afdeling” met die nuus dat hulle agterstallig is, en hul kragtoevoer afgeskakel sal word indien onmiddellike kontant betalings nie gemaak word nie.
’n Ander gastehuis, wat anoniem wil bly en van voorafgekoopte kragbokse gebruik maak, is ook geteiken. In al die gevalle was die gastehuise se rekeninge op datum.
“Toe hy nie regkom met agterstallige betalings nie, het die storie verander dat die gastehuise die kragrooster oorlaai en daarom afgesny sou word,” sê DA raadslid, Hennie Niemann, wat die bedrogspul by die munisipaliteit aangemeld het.
“Daar werk geen Donald Letsoalo by die munisipaliteit nie en inwoners word gewaarsku om nie gehoor aan die skelm se versoeke te gee nie,” waarsku mnr. Niemann.
Die munisipaliteit het op sy beurt gesê dat daar kennis gedra word van die bedrog en dat ondersoek ingestel word.
“Alle Ntiyiso personeel het identifikasiekaarte en glimbaadjies wat hulle duidelik onderskei,” sê die munisipaliteit oor die deur-tot-deur opname, “hulle mag nie geld vra of ontvang nie”.
Die skelm skakel van 079 819 1291 af, waarsku mnr. Niemann, maar las by dat ander nommers ook gebruik kan word.
Hy vra dat inwoners wat soortgelyke oproepe ontvang, dit aanmeld by die munisipaliteit. Die koerant het die nommer, wat lui, aanhoudend geskakel maar dit bly onbeantwoord en gaan bloot oor na stempos.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
