Jan kook wild en wakker in seisoen drie
Dit kan maande neem om ’n tafel te kry by Michelin-ster-sjef Jan Hendrik van der Westhuizen se nuutste restaurant, maar VIA- en Shomax-kykers hoef net tot Donderdag 22 Julie te wag om hul sitplekke in te neem by Klein JAN: ’n splinternuwe kulinêre landmerk met ’n onwaarskynlike ligging in die Kalahariwoestyn.
Klein JAN is Jan Hendrik se tuiskom-projek en die onderwerp van seisoen 3 van die bekroonde reeks, JAN, wat in 2017 vir die eerste keer uitgesaai is op die leefstylkanaal VIA (DStv 147).
Seisoen 1 en 2 was kulinêre reisjoernale wat kykers weggevoer het na Italië en Frankryk terwyl dit Jan Hendrik se reis na Michelin-ster-status gekarteer het. Die derde seisoen is meer intiem en nader aan die huis. Dit is ook asemrowend mooi en “’n bietjie wild.”
JAN seisoen 3 spoor die oorsprong en ontwikkeling na van ’n buitengewone idee wat kom as ’n swerm wit skoenlappers en ’n hoogtepunt bereik in ’n openingsaand onder ’n Afrika-sterrehemel.
Tydens die agt episodes neem Jan Hendrik, wie se speelse kombinasie van Suid-Afrikaanse kookkuns met die beste Franse cuisine die guns gewen het van die wêreld se mees nougesette koskritici in die Franse Riviera, kykers in sy vertroue oor dít waaroor ’n plaasseun van Middelburg droom in die reusestilte van die Kalahariwoestyn.
Klein JAN is geleë in Tswalu Kalahari, die grootste private wildreservaat in Suid-Afrika. Die Oppenheimer-familie besit en bestuur dié wildreservaat wat ’n bewaringsbewuste, eksklusiewe safari-ervaring bied in ’n landskap van kontraste en mistieke skoonheid.
In die eerste episode beskryf projek-argitek Adrian Davidson die projek as een wat mense se stoutste verwagtinge sal oortref.
In hierdie episode word lesers bekendgestel aan die redes wat Jan Hendrik geprikkel het om ’n tafel te dek in die woestyn en aan sy droom om die Kalahari op ’n voetstuk te plaas waar die wêreld dit kan bewonder.
Die reeks skop af op VIA (DStv 147) en Showmax om 20:00 op Donderdag 22 Julie.
•Reeks vervaardig deur Brainwave Productions.
•SAFTA-toekenning vir beste verskeidenheidsprogram 2019 (JAN, seisoen 1).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
