News

Covid eis raakvat takbestuurder van Buco

Die raakvat takbestuurder van Buco, mnr. Hennie Lottering (41), het gister (Woensdag) weens Covid-19 komplikasies in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hosptiaal gesterf.

Mnr. Lottering se vrou, Lize, het haar man beskryf as “die wonderlikste mens, ’n great pa en ’n fantastiese man. Hy het uitgeleef hoe lief hy vir sy familie was.”

Hennie Lottering en sy dogter Lee-Ann.

Die egpaar was 14 jaar getroud en 20 jaar saam. “Hy was vir 20 jaar die beste deel van my lewe.”

Hennie Lottering (41).

Sy onthou hoe hy as jong man, 21 jaar gelede, begin het by Builders Market en hulle later oor is na Buco. Hy was die afgelope 10 jaar die takbestuurder by Buco op Middelburg. Mnr. Lottering was net so geliefd by sy kollegas en kliënte. “Hy het ’n punt daarvan gemaak om mense te laat glimlag. Daar is so baie mense, letterlik honderde, wat lief was vir hom.”

Hennie Lottering (41)

Van die personeel by Buco het vanoggend gesê dat “Hennie ’n goeie man was. Hy was ’n yster!” Mnr. Lottering word oorleef deur sy vrou, Lize en kinders Ryan en Lee-Ann. •Me. Lottering is tans besig om begrafnisreëlings te tref. Sodra dit gefinaliseer is, sal www.mobserver.co.za dit bekend maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button