News

Derek se roudiens uit Hervormde Kerk

Die roudiens van Derek Rousseau, die polisieman wat Maandagoggend in die Life Midmed Hospitaal oorlede is, is vandag om 13:00 uit die Hervormde Kerk, Noord gemeente, in Vygiestraat (Kanonkop).

Adj. Rousseau het in Junie die Covid-19 virus gehad, behandeling in die hospitaal gekry en herstel, maar verlede week weer begin siek word.

Hy is Sondag weer in die hospitaal opgeneem toe hy ernstig siek geword het. ’n Skandering het gewys dat hy ’n groot gewas tussen sy longe het.

Hy sou Maandag oorgeplaas word na die Harthospitaal om die gewas te verwyder. Hy is omstreeks 04:30 Maandag in die Life Midmed Hospitaal oorlede.

•Die skakel om die diens aanlyn per zoom te volg: https://us02web.zoom.us/j/7606209324?pwd=M201cnloRW8rbzNUd0pxbmZvQWJndz09

ID: 760 620 9324.

Kode: 2021GRZ21.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button