News

Geen misdaad terwyl hulle ons strate beveilig

Sentraal en Mineralia was Woensdagaand misdaadvry toe ’n groot groep lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3, asook Sektor 4 saam met sekuriteitsfirmas dié uitbreidings se strate gepatrolleer het.

Edmund Venter (Noordroep Radiogroep Sektor 3) sê daar is besluit om pro-aktief op te tree en ’n gesamentlike patrollie te reël, nadat daar sedert Maandag verskeie misdaadvoorvalle was.

Daar het talle noodroepe ingekom van mense in Oos- en Beyers Naudéstraat dat verdagtes in hul erwe was en is daar ook ’n fiets gesteel.

Die Noodroep Radiogroep Sektor 3 het wel ’n verdagte vasgetrek na die voorvalle, maar is deur die polisie laat gaan weens ’n gebrek aan bewyse.

Nadat daar ook klagtes van misdaad in Mineralia gekom het, is besluit om ’n blitsige optrede te hou.

Titon Security Services en Hi-SQ Security het deel van die patrollie uitgemaak, wat om 20:00 by OK Grocer in Jeppestraat weggespring het.

Die lede het tot na middernag deur die strate beweeg.

Volgens Edmund was daar in hierdie tyd geen misdaadverwante voorvalle in hierdie twee uitbreidings nie. Hulle moes egter verskeie mense waarsku wat na die grendeltyd van 21:00 nog in die strate rondgery het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button