News
Papapavlou moordsaak – finaal uitgestel vir finale beslissing
Die moordsaak teen Patricia Ray-Lee Smith is weer uitgestel.
Smith word van die moord op Raymond Papapavlou verdink, wat in Oktober 2020 in die Rooikraal omgewing vermoor is.
Die moorddossier is in Junie na die Nasionale Vervolgingsgesag gestuur vir ’n finale beslissing.

Daar is vandag in die Groblersdal Landdroshof gehoor dat die beslissing nie gemaak kon word nie, omdat die advokaat wat daarna moes kyk, Covid-19 opgedoen het en omdat die vervolgingsgesag se kantore glo weens die pandemie vir ’n wyle gesluit was.
Die hof het weereens ’n finale uitstel, tot mid-Augustus, toegestaan vir die vervolgingsgesag se beslissing.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
