News

Stem vir ons gewilde apteker by Clubville Apteek!

Komaan Middelburgers! Ons dorp se bekende apteker, Jacqui Clapton, van die Clubville Apteek, het jul stemme nodig!

Daar is nog net ’n paar dae oor (tot 30 Julie) om te help dat Jacqui die Sponsors of Brave-kompetisie kan wen. Middelburgers het gewys hulle kan saamstaan toe hulle met hul stemme gehelp het dat ons die Kwêla, Dorp van die Jaar was in 2015.

Sy is genomineer vir die Sponsors of Brave-toekenning as gevolg na haar en haar personeel se besondere dienslewering, selfs in moeilike omstandighede.

Die Clubville Apteek het in April afgebrand, maar nie eers dit het hulle ondergekry nie en hulle was die volgende dag weer op hul pos onder ’n gazebo.

Me. Clapton het gesê hul deelname is in herinnering aan dr. Cecil Keys, wat verlede jaar oorlede is.

•Sou me. Clapton wen, is daar R25 000 op die spel, wat aan Bethesda, Huis van Hoop, geskenk sal word. Sy vra dat ons dorp sal stem sodat hierdie spesiale sentrum vir gestremde kinders, gehelp kan word.

•Om vir haar te stem, gaan in op die skakel en druk op die hartjie: https://partners.24.com/SponsorsofBrave/Jacqui-Clapton/index.html

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button