News

Judette onthou met blomme en lanterns

Judette Franzoso was nie ’n boom wat geval het nie. Nee, haar wortels was te sterk en sal dié pragtige vrou se nalatenskap vir altyd bly staan.

Die oomblik toe die nuus van haar afsterwe bekend geword het, het Erika du Preez ’n blommetjie gaan neersit op die plek waar haar kar altyd gestaan het by Compu Truck.

Daarna het honderde blomme gevolg en gisteraand is kerslanterns die lug in gestuur op dieselfde plek in herinnering aan dié formidabele vrou.

Die blomme wat op haar parkeerplek neergesit iss.

Haar dogter, Jules, vertel die gebaar van een vrou, het later verander in ’n hele blommeparadys in die parkeerarea.

Die eerste bossie blomme wat Erika du Preez gaan neersit het.

“Ek het vir mense op Facebook gesê as hulle nie blomme kan kom neersit nie, kan hulle iets in oranje, wat haar gunsteling kleur was, op Facebook sit. Daar het letterlik honderde boodskappe met blomme in oranje gevolg.”

Verskeie mense het blomme gebring en lanterns die lug in gestuur.

Me. Franzoso was 19 dae in die Life Midmed Hospitaal, waarvan 17 dae in die intensiewe eenheid. “My ma het so hard teen die siekte geveg.” Sy is vir die Covid-19 virus behandel.

Kort voor haar afsterwe het haar seun, Cois, by haar ingegaan en by sy ma gebly tot sy oorlede is.

Judette en haar seun, Cois.

Beide haar kinders het haar beskryf as “’n merkwaardige mens, wat passievol lief was vir mense en diere. Sy het ’n hart van omgee gehad.”

Hulle onthou hoe sy almal altyd wou help. “As iemand gestruikel het, was sy daar om te help.”

’n Foto waarop Judette baie trots was. Vier generasies saam. Jules, (haar dogter), Delene (haar ma), Judette en klein Reagan op ouma Delene se skoot.

Me. Franzoso het op 12 Julie haar 55ste verjaardag in die hospitaal gevier.

Sy word oorleef deur haar man, Bruno, kinders Cois, Jules, Giovanni en Sonnika, skoonkinders, sewe kleinkinders, haar ma, Delene en drie broers.

Judette en Bruno tydens ’n toer na Switzerland.

Die familie is nog besig om begrafnisreëlings te tref.

*Jules het gemeld dat haar besigheid, ‘Fiesta in a Box’ begin het om liefdespakkies vir die hospitaalpersoneel op te maak. Hulle het reeds vir een van die sale pakkies gegee en sal hulle elke week hierna vir die ander sale ook skenk.

Jules (haar dogter), Judette, Cois (haar seun), Hennie (skoonseun) en Bruno (haar man).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button