Gemeenskap bid vir hospitaal en lab-personeel
Die span van “Lofprysing in Lockdown” het gister saam met die gemeenskap van Middelburg vir van dokters tot skoonmakers gebid, wat met pasiënte werk sedert die Covid-19 pandemie begin het.
“Ons dorp het gebede so nodig. God alleen kan hierdie vieslike virus nek omdraai. Dokters, hospitaal- en laboratorium personeel…elke persoon en familie wat geraak word deur Covid, het gebid vir krag so nodig,” was die boodskap wat mnr. en me. Werner en Maryna Malan (Lofprysing in Lockdown) uitgestuur het.

Past. Danie Venter (Lighuis gemeente) het ’n kort boodskap van bemoediging gegee, waarna almal saam met Lofprysingsmusiek eers vanuit hul voertuie voor die Witkerk en daarna in die straat voor die Life Midmed Hospitaal gebid het.

•Terwyl die lofprysing aan die gang was, is daar vlugtig die beeld van twee susters in vensters gesien, wat gewys het dat hulle die musiek hoor en die gebede waardeer.


Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice:
Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
