’n Erewag vir Derek – soek na eienaars vir sy diere
’n Paar polisielede het Vrydag ’n erewag gestaan by die Hervormde Kerk, Noord gemeente, waar hulle afskeid geneem het van hul kollega en vriend, adj. Derek Rousseau (56).
Die vriendelike polisieman, wat ’n passie gehad het vir sy werk en ’n ongelooflike toegewyde pa vir sy dertienjarige dogter was, is verlede Maandag in die Life Midmed Hospitaal oorlede.
Sy broer, Grant, sê dat Derek daardie Sondag weer in die hospitaal opgeneem is, nadat sy toestand die afgelope tyd versleg het.
Derek en hul pa, Nic (81), is beide gedurende Juniemaand vir die Covid virus behandel. Hul pa het op 26 Junie weens die virus in die hospitaal gesterf. Dieselfde week is Derek ontslaan, maar hy was steeds swak.

“Derek het die afgelope ses maande maer begin word, maar het wonderbaarlik die Covid virus oorleef. Nadat hy Sondag opgeneem is, het ’n skandering ’n groot gewas tussen sy longe gewys.”
Die plan was dat ’n ambulans hom daardie Maandag na die Harthospitaal sou neem vir ’n operasie.
“Derek het ook gesukkel om te sluk en ons vermoed die virus wat sy liggaam afgetakel het, asook die gewas, was net te veel.”
Adj. Rousseau was ’n gewilde polisieman en was, buiten vir ’n klein rukkie wat hy weg was, in totaal 36 jaar in die mag. Hy was deel van Skof D by die aanklagkantoor (Vispol).

Kollegas onthou hom as ’n persoon wat met sy kenmerkende skewe glimlag, almal met respek behandel het.
“Al was hy baie siek, was hy Vrydag by die werk, in uniform!” Hy was egter só swak dat hy weer dokter toe is en afgeboek is.
Grant het vertel hoe hy en Derek nog die vorige Saterdag hul pa se persoonlike besittings uitsorteer en na foto’s gekyk het. Hul pa se dood het hulle hard getref en dit was vir hulle spesiaal dat hulle saam herinneringe kon deel.
“Dit was opvangtyd.”

Grant sê sy pa en sy vrou, Santha, het op 1 Mei na Middelburg verhuis. Hy het sy pa beskryf as ’n persoon wat oral wou help en ook die nutsman was by sy (Grant) se besigheid in Roodepoort.
Derek was vir hom ’n voorbeeld as ’n tevrede mens wat almal gelukkig wou maak.
“Hy was sy dogter, Dannique (13) se beste maatjie.” Grant sal die oomblikke saam met hul pa en Derek altyd koester.

“Mense moet die tyd wat hulle saam met hul geliefdes het, waardevol benut. Daar word so baie tyd gemors. Niemand weet hoe lank hulle vir mekaar geleen is nie. Daar was nog so baie wat ons saam wou doen.”
•Pa en seun se as sal op ’n latere stadium in die omgewing van Lake Brenton (Knysna), waar die familie altyd vakansie gehou het, gestrooi word.
•Die familie het vanoggend laat weet dat hulle graag goeie huise vir Derek se diere, twee honde en twee katte, sal wil kry. Persone wat graag van die diere wil aanneem, kan Annatjie bel by 082 887 3516.

Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
