News

‘Ek het lotto gewen!’ sê man wat aan verkeerde kant van pad ry

’n Man wat byna ’n ongeluk veroorsaak het toe hy aan die verkeerde kant van die pad gery het, se rede vir sy vreemde optrede was: “ek het die lotto gewen!”

Die lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3, asook Titon- en HiSQ Sekuriteit, het Saterdagaand tussen 22:00 en 03:00 patrollie gery, toe die voertuig kort voor middernag aan die verkeerde kant van die pad aangery kom. Hy het byna in twee voertuie van die patrollielede vasgery.

“Ons het hom agtervolg en ingeboks tot hy stadiger gery en gestop het. Voor hy gestop het, het hy ook byna in die sypaadjie vasgery,” vertel patrollielid Edmund Venter.

Die oomblik toe die man uitklim, het hy slingerend begin loop en het die lede sy voertuigsleutels gevat dat hy nie verder kan ry nie.

“Ons het hom staan gemaak teen die voertuig en die polisie gebel.”

Met die polisie se aankoms op die toneel, is daar alkohol in ’n botteltjie in die voertuig gekry. Die polisielede het die man gevra vir sy lisensie, maar was hy net bekommerd oor die lottokaartjies in sy hand.

“Hy het gesê hy het die lotto gewen en dat hy dit gevier het.”

•Die patrollielede het regdeur die dorp gepatrolleer en nog 19 ander voertuie, wat buite die grendeltyd rondbeweeg het, afgetrek.

Die mense is gewaarsku om huistoe te gaan en laat gaan. In sekere van die voorvalle het die patrollielede die mense tot by hul huise begelei.

 

 

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button