Het jy van hierdie blikkieskos in jou kas?
As jy onlangs KOO of Hugo’s geblikte boontjies gekoop het, is daar ’n groot kans dat dit deel uitmaak van die bondel produkte wat tans deur Tiger Brands herroep word.
In ’n persverklaring op KOO se webwerf verduidelik Tiger Brands dat sekere blikkieskos, wat tussen 1 Mei 2019 en 5 Mei 2021vervaardig is, herroep word weens ’n fout met sommige van die blikkies se some. Die defek kan veroorsaak dat die blikkies lek en nie meer lugdig is nie.
Volgens Tiger Brands is daar nog geen gesondheidskwessies aangemeld nie, maar word die produkte herroep omdat hulle kwaliteit en voedselveiligheid hoog op die prys stel.
Blikkieskos wat geaffekteer word is hoofsaaklik boontjie, gemengde groente en ertjie produkte.
Kliek op die skakel om die volledige lys produkte te sien: https://www.koo.co.za/Product-Recall
Verbruikers kan na die vervaardigingsdatum kyk onderaan die blikkie om te sien of hulle een van die herroepte produkte het.
Blikkieskos wat deel van die herroepte bondel uitmaak, kan na jou naaste supermark of groothandelaar gevat word vir ’n terugbetaling.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
