Daar is hoop – tyd van donker dalk verby
Die derde golf van die Covid-19 virus het soos winter in Middelburg se hart kom sit, maar lente is om die draai en dalk net is ons tyd van donker verby.
Nog voor die bome bot, gaan ons dorp in geel bedek word. Geel, omdat dit simbolies is aan hoop. En hoop is hier.
Ilze Wolhuter, ’n Aerorand inwoner, het die Vlaggies van Hoop inisiatief na Middelburg gebring, nadat sy in Thabazimbi gesien het dat geel linte om die bome gedraai is.
Toe sy die geel bome sien, het sy gedink dat Middelburg ook kan baat deur die inisiatief en reeds is daar saamgespan om ons dorp se bome in ’n baken van hoop te verander.
“Daar is baie inwoners wat nodig het om aan Jesus vas te klou en dit gaan nie oor die vlaggies nie, maar wel oor God wat vir ons hoop kan bring,” het Ilze vertel.
Die idee is nie net om Middelburg in geel te bedek nie maar om deur die verkoop van die vlaggies fondse in te samel om ondersteuningsprojekte vir veral verpleegsters en dokters op die been te bring.
Die Tosca sentrum is ook aan boord en vier bome is in geel toegedraai deur Elna Lewis van Soap-A-Licious.
Elna en Lizelle Steyn van Puma Biltong gaan die vlaggies van hoop verkoop om fondse aan Ilze beskikbaar te maak vir haar ondersteuningsprojekte.
Daar word ’n beroep gedoen op inwoners om deel te raak van die projek deur vlaggies in hulle erwe op te sit.
Vlaggies is beskikbaar teen R30 by Soap-A-Licious, Puma Biltong of Ilze Wolhuter by 082 552 3339. 
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice:
Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
