Gys het met lekkerkry sy werk klaargekry
Die reservistehoof, kaptein Gys Goosen, wat vanoggend oorlede is, was vir 26 jaar ’n polisie reservis.
Die trane het gevloei toe hy kollegas, wat vir hom soos familie geword het, moes groet tydens sy afskeidsgeselligheid. Hy het in 1992 begin as reservis, “maar nooit amptelik aansoek gedoen nie.”
Gys het destyds as bestuurder op die Middelburg Telefoonnetwerk vir Telkom gewerk en het elke dag koperdiefstalle by die polisie aangemeld. Hulle was al só gewoond aan hom by die misdaadkantoor, dat hy later sy eie dossiere ingevul het.
“Ek het weer een oggend ingekom by die polisiestasie, waarop adj. Ros Rossouw my sommer ingesweer het,” het hy aan Daleen Naude vertel na sy aftrede.
Hy het só goed saam met die polisie begin werk, dat daar later ‘n spesiale eenheid begin is wat koperdiefstalle vir Telkom, Spoornet en Eskom in die provinsie hanteer het.
Hy het aanvanklik eers net die Middelburg area hanteer, maar later het hulle in die hele Suidoos-gedeelte van Mpumalanga gewerk. Vir vier jaar lank het hy net Saterdagaande tuis geslaap, omdat hulle so besig was.
Sy lewe het as volg gewerk: Omstreeks 16:30 het hy tuisgekom van sy werk af by Telkom en dan gaan slaap tot 20:00. Net om op te staan en dan dwarsdeur die nag observasies te doen en diefstalle van koper te hanteer.
Hulle het saam met die polisie-eenhede tussen 30 en 40 mense gearresteer en beslag gelê tot op sewe voertuie per maand. As hy in die oggende tuiskom, het hy net gebad, geëet en weer sy dagtaak aangepak.
Gys was hoofreservis vanaf 2002-2005, waarop kapt. Drummond Hammond by hom oorgeneem het tot 2012.
Toe Drummond weg is, het Gys weer die taak oorgeneem tot hy amptelik met pensioen gegaan het.
Gys en sy span het al die jare die polisiëring gedoen by die Loskop Marathon waar hulle die beginpunt se parkering by die munisipaliteit onder andere hanteer het.
In al die jare is daar nooit ‘n voertuig gesteel of is daar ingebreek nie. Hy was ook 18 jaar betrokke by die Treinwedloop.
Daar was die keer toe kollega Elmarie Nel op ‘n ongelukstoneel saam met ander mense raakgery is. Drie mense het op die toneel gesterf en was dit nie vir haar koeëlvaste baadjie nie, sou sy ook dood gewees het, toe sy teen ‘n trok vasgeslinger is.
Twee van die vier moordenaars wat gevang is in die skagmoord op die Bethalpad is deur hom gearresteer. Drie van hierdie moordenaars het twee keer lewenslank gekry en die vierde een is lewenslank tronk toe.
Gys het in 2005 sy eie besigheid begin as nutsman.
Hy was al in standerd ses ‘n Patrysspeurder (met polisiestempel daarop) en in die vroeë 80’s was hy selfs ‘n vrywillige brandweerman op Marble Hall.
Gys, of onder baie vriende bekend as Gysie, het met lekkerkry sy werk klaargekry.
Die reserviste, polisie, sekuriteitsfirmas en ons hele gemeenskap salueer jou.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice:
Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
