News

Dokter sterf in kar na hy gholf gaan speel het

Dr. Jaco van den Bergh (60) het Woensdagaand in sy voertuig net buite die Middelburg Buiteklub gronde gesterf nadat hy die dag gholf gespeel het.

Sy vrou, Anet, sê sy is laat Woensdagnag omstreeks 23:45 deur lede van Mid Alarms gekontak, nadat haar man se voertuig vir ure gestaan en luier het in Leipoldtstraat.

“Mense wat in die straat bly, het hulle gebel omdat die voertuig so lank daar gestaan het. Hulle het eers vir Jaco gebel, maar toe hy nie antwoord nie, het hulle my gebel.”

Alle aanduidings is dat dr. Van den Bergh omstreeks 20:20 al gesterf het. Sy elektroniese horlosie het daardie tyd die laaste keer sy hartklop opgetel..

Me. Van den Bergh sê dat sy en haar man op 1 Maart 2021 die Johnson en Johnson inenting ontvang het. Hulle albei het sowat ’n maand gelede die Covid-virus opgedoen en het tuis teen die virus geveg.

“Ek glo as ons nie ingeënt was nie, sou ons baie sieker gewees het.”

Me. Van den Bergh sê haar man het so goed gevoel verlede Woensdag, dat hy besluit het om te gaan gholf speel.

“Dit was al meer as drie weke vandat hy siek geword het en hy was baie beter.”

Dr. Van den Bergh het weens natuurlike oorsake gesterf..

“Dit het gelyk of hy slaap toe ek by hom kom. Hy het nie pyn gehad nie.”

Dr. Van den Bergh was welbekend in Middelburg, waar hy die laaste 26 jaar ’n dokter was. Nadat hy homself bekwaam het as dokter, was hy vir nege jaar ’n huisdokter op Klerksdorp, waarna hy na Middelburg gekom het.

Hy was aanvanklik deel van drs. Wynand Bezuidenhout en Servaas Terblanché en later was net hy en dokter Terblanche saam bekend as die Boeredokters, wat later die Familiedokters geword het.

Me. Van den Bergh onthou met ’n glimlag dat almal altyd gesê het dat “hy die enigste een van die Boeredokters was wat regtig soos ’n boer gelyk het!”

Sy het gesê dat haar man in remissie was van stembandkanker.

As sy hom moet beskryf, dan is die woord: “hartsmens” eerste wat by haar opkom. “Jaco was nie statusbewus nie. Hy was ’n nederige mens wie se lewenspassie dit was om ander te help en lewens te red. Hy het diep spore in ons gemeenskap getrap.”

Buiten sy vrou, word dr. Van den Bergh ook oorleef deur sy dogter, Zarené, seuns Wian en Stegmann, skoonseun BJ en kleindogters Bea en Gevie (afkomstig van Genevieve).

Wian het oor die naweek vanaf Holland geland om sy ma, suster en broer te kom ondersteun en sy pa se diens by te woon. Die roudiens is Woensdag (4 Augustus) om 15:00 uit die NG Ligkruis gemeente in Gholfsig.

Die diens kan gevolg word op die kerk se Facebookblad: “NG Ligkruis Gemeente Gholfsig, Middelburg”.

’n Video sal geneem word, sodat persone wat dit nie direk kan volg nie, dit later ook kan kyk op die blad.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button