Trane oor Botshabelo ’n nasionale skande
Die DA in Mpumalanga het die week ’n beroep op die regering gedoen om in te gryp op Botshabelo “waar die internasionale toerisme potensiaal nie deur die 1000 nuwe eienaars van die historiese sendelingstasie raakgesien word nie, of bloot geïgnoreer word”.
DA hoofsweep in die Mpumalanga Wetgewer, mnr. Bosman Grobler, sê hy het Botshabelo besoek weens heimweë uit sy kinderdae.
“Ek is tot stilstand geruk deur die verval,” het hy op ’n Facebook plasing gesê met die hutsmerk #DAverandering.
Die plasing het reaksie van talle gesiene inwoners ontlok wat ook hul herinneringe van Botshabelo uit sy gloriedae opgeroep het.
•Me. Gussie Terblanche het gesê dat sy en haar man Oloff, en ander kampvegters vir erfenisbewaring soos Danie en Elma Sauer en dr. Kobus Terblanche, maandeliks geld uit hul eie sakke as Vriende van Botshabelo gehaal het, vir die restourasie en onderhoud van die historiese geboue, wat wel gedoen is.
“Nou is alles weer onklaar gemaak,” het me. Terblanche droewig opgemerk.
Talle hooggeplaaste ANC en DA politici, soos voormalige premier en ANC kabinetslid Thabang Makwetla en die DA se James Masango, het op Botshabelo grootgeword.
Wêreldbekende kunstenaar Gerard Sekoto en ander gesiene figure soos Harald Pakendorff en Peter Gastrow, het ook daar in miskoeke gestaan as tjokkers.
Springbok-legende Wynand Claassen sê dat hy gereeld naweke saam met sy broer George daar spandeer het waar George se beste vriend Peter Kramer, se pa die eerwaarde van die kerk was.
Mnr. Claassen onthou dat hy ook as matriekseun daar gevry het na Antoinette Slabbert, wie se pa die skoolhoof op die selfonderhoudende sendingstasie was.
Die kerk is in die 1860’s opgerig en is een van die min geboue wat die grondeis van 2005 deurwinter het, maar eers nadat die dak inmekaar getuimel en volkome herstel moes word onder die sorg van die nuwe eienaars.
Van die planne dat ’n hotel met behulp van beleggers daar opgerig word en Botshabelo as eksklusiewe toerisme area bemark word, het niks van gekom nie.
Daar is steeds nie ’n nuwe eiserskomitee nadat die komitee ongeveer 10 jaar gelede deur die Gautengse hooggeregshof ontbind is nie.
Lotto geld van oor die R11 miljoen wat aan die grondeienaars gegee is om Botshabelo as toerisme aantreklikheid te onderhou, het ook verdwyn en gevolglik is die komitee se bankrekening ook deur die howe gevries.
“Die eienaars sal moet inkoop en besef dat as lopende toerismebesigheidsbelang, geld terug geploeg sal moet word voor groot dividende kan uitbetaal, maar in die geval is die kool dalk nie die sous werd vir hulle nie,” reken mnr. Grobler.
“As daar ’n wil onder eienaars is, en die hande uit die koekieblik gehou word, is daar ’n weg vir Botshabelo om te herrys,” glo dr. Terblanche.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
