Beesdiewe gooi dragtige koei in die ry van bakkie af
Beesdiewe het ’n swaar dragtige koei, wat hulle tydens ’n rooftog op ’n plaas gebuit het, van ’n bewegende bakkie af gegooi.
Die voorval het Woensdag in die vroeë oggendure op die R555 (Stoffbergpad) buite Middelburg gebeur.
Volgens inligting het lede van die polisie se Honde Eenheid patrollie gery in die omgewing van Rietvlei myn op die R555 toe hulle ’n verdagte voertuig met ’n bees agterop sien.
Twee mans wat agterop die bakkie by die bees gesit het, het die voertuig se klap oopgemaak en die bees in die ry afgegooi, toe hulle gejaag word. Hulle het daarin geslaag om die polisie te ontwyk.

Die swaar dragtige koei het nog geleef en is op die toneel doodgeskiet om haar van haar lyding te verlos.
’n Boer, wat versoek het om anoniem te bly, sê dat die Veediefstal Eenheid in kennis gestel is, maar dat hulle nie dadelik die eienaar van die bees kon opspoor nie, omdat die brandmerk op die sisteem geen kontaknommers of adres bygehad het nie.
Daar is vertroulik verneem dat die voorval verband hou met ’n gewapende roof saak wat Woensdagaand by die Middelburg polisiestasie geopen is.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
