Hulle maak lig in die donker
In ’n tyd waar daar meer hartseer as vreugde om ons is, is dit soms die omgee van ander, wat ’n silwer randjie om die donker wolk van bekommernis bring.
Hierdie silwer draad is so mooi ingeweef in die oorlewingskleed van Yolanda Gibson.
Yolanda het die donker trauma van die Covidsaal deurgegaan, maar in haar siekte en die dood om haar, die lig van liefde en omgee ervaar.
“Ek weet nie hoe ek vir almal kan dankie sê nie!”
Vanaf die dag wat sy siek geword het, was almal net dáár. Haar ouers, Cecil en Hanna Gibson het alles moontlik vir haar gedoen by die huis sodat sy kos en medikasie kon kry.
Die oomblik toe sy suurstofsilinders nodig het, het haar susters, Thea, Hannerie en Letitita, asook haar vriendin, Veruschka Engelbrecht, ingespring en gehelp.
“Hulle het oral op Facebook gevra en ons kon vyf silinders binne twee ure kry.”

Swaer Erick Botha het 03:00 gery om ’n suurstofsilinder te gaan haal en met haar ontslag, het swaer Michael Sclenther ’n suurstofmasjien gereël vir by die huis. Daar was groot bekommernis in die familie se hart toe sy in die Life Midmed Hospitaal opgeneem moes word, want sy het nie ’n mediese fonds gehad nie.
•Jacques du Toit het dadelik die R43 000 voorgeskiet dat sy opgeneem kon word. Die longskanderings en X-strale het nóg duisende rande beloop, maar familie en vriende het ingespring om te help.
•Marietjie Britz en haar span van die Houtlepel Vlooimark het kolwyntjies begin bak en bykans R10 000 ingesamel.
•Nog ’n inwoner, Lynette Salzwedel, het armbandjies gemaak met die woorde: “By the Grace of God” en “God’s Warrior” op die krale. Sy het die armbandjies vir R48 stuk verkoop, waarvan sy R40 van elkeen vir die mediese uitgawes geskenk het.
•Cindy Mans het ’n Bybel geskenk, waarvoor lootjies gekoop en ’n wenner getrek is.
•Carla de Villiers (van Gauteng) het ook van Yolanda gehoor en ’n silwer hangertjie geskenk met die woorde: “geloof, hoop en liefde”, wat ook uitgeloot is.
•Hanna (Yolanda se ma) is reeds druk besig om beskuit te bak en ander produkte in te lê wat sy “vir hierdie besondere mense wil gee. ’n Dankie is net te min.”
•Yolanda en haar gesin bedank al die persone wat projekte begin het, asook almal wat die projekte ondersteun het en self ook bydraes gemaak het.
•Lees Daleen Naude se berig oor Yolanda se Covidstryd in hierdie week se uitgawe van die Middelburg Observer.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
