Plaaslike sakeman, eggenoot en pa, Carel Erasmus (59), beter bekend as Rassie, is in ’n hospitaal in Upington oorlede as gevolg van Covid-19 verwante oorsake.
Rassie was welbekend en geliefd op die dorp as die eienaar van die gewilde kuierplek, Toe Word Ons Dors, die Alurail besigheid wat hy in 1998 gestig het asook die rol wat hy gespeel het op die raad van die Suid-Afrikaanse Jagvereniging.
Rassie se dogter, Dorothy Spies, het vertel dat haar pa gebore en grootgeword het in Volksrust, vanwaar hy in 1990 verhuis het na Middelburg.
Sy het hom beskryf as ’n betrokke pa en ’n absolute held vir die gesin, vir wie hy gesorg het tot sy laaste oomblikke.
Rassie en sy vrou, Elize, was in Upington met vakansie waar hy siek geword en in die hospitaal opgeneem is.
Hy word oorleef deur sy eggenoot, Elize, dogter Dorothy, seuns Johan en Jacques, skoonkinders en kleinkinders.
’n Privaat diens sal Saterdag om 11:00 gehou word op hul plot op die Bethalpad.
Persone wat die diens aanlyn wil volg, kan die volgende skakel besoek: https://fb.me/e/1djmiJwGE
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
