News

Covid ‘verwoes mense’se lewens

Reeds ’n maand nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, is Yolanda Gibson steeds paranoïes oor elke onbekende persoon wat naby haar kom en is sy te bang om aan enigiets te vat.“Ek was alles en spuit my hande die hele tyd!”

Terwyl sy in die Life Midmed Hospitaal vir die virus behandel is, het sy besef hoé erg dit is en het ’n video uit haar hospitaalbed gemaak.

Met swaar asemteue onder haar masker sê sy: “Mense, dit is ’n lelike ding hierdie. Dit verwoes mense wat jy ken! Ek het ook gedink dit is net ’n verkoue, maar dit is nie! Was jou hande, dra jou masker en bly weg uit plekke uit!”

Sy onthou die tyd voor haar opname, hoe sy eers brongiale longontsteking gehad het en daarvan herstel het en kort daarna vir die griepinspuiting gegaan het. Terug van ’n Woord in Aksie kamp het sy siekerig begin voel.

“Ek het sommer ‘Tom se Bom’ by die Clubville Apteek gekry en daardie Vrydagoggend Crossfit gaan doen en die aand action cricket gespeel.”

Tuis het sy besef sy is baie siek en het die hele naweek gelê met erge koors. Haar pa, Cecil, het ook op daardie stadium griepsimptome gehad.

Die Maandag van 21 Junie het sy gaan toets, omdat sy al baie siek was. ’n Dag later het die uitslag gekom: Positief!

“Dit was soos ’n doodsvonnis….”

Etlike dae later is sy in die hospitaal opgeneem.

“Ek het geglo ek gaan nie terugkom nie. Mense weet nie wat pasiënte en hospitaalpersoneel daar binne deurgaan nie.”

Buiten die trauma van siekte en dood wat sy merk op susters gelaat het, onthou sy ander dinge wat min mense van weet.

“In my saal het suster Bettie van Aarde en haar span altyd vriendelik gebly, al was hulle voete seer van ure by pasiënte se beddens veg vir hul lewens. Weet mense dat hul ore al rooi is van die maskers wat die hele tyd daaraan trek? Wie weet van die merke op hul gesigte van soms drie maskers oor mekaar dra, met nog ’n plastiekskerm ook? Van ’n suster wat gumboots aantrek, net om so bietjie gemakliker te kan loop.”

Op die dag van haar ontslag het sy gesien hoe me. Judette Franzoso opgeneem word. Haar dood bykans drie weke later, was vir haar ’n geweldige skok.

“Sy was ons krieket-‘ma’!”

Nadat sy ontslaan is, het sy gevra dat haar vriendin, Veruschka Engelbrecht, haar vir ’n draai deur die dorp neem en wou sy graag na ’n kruidenierswinkel toe gaan.

“Ek het ’n paniekaanval gekry. Oral het mense sonder maskers of met maskers onder hul neuse gestaan en praat. Ek kon ook nie ingaan by die kruidenierswinkel nie, want ek was te bang om aan iets te vat!”

Sy waarsku dat niemand weet hoe erg hulle siek kan word of selfs sterf as hulle die virus kry nie.

“Ek is al ’n maand by die huis en kyk hoe swak is ek. Ek sukkel steeds met ’n benoude bors, vergeetagtigheid, bewerasies en neusbloeding omdat ek steeds soms suurstof moet gebruik. Ek is ook baie emosioneel.”

Dan sal sy ook nooit die emosionele tyd vergeet waardeur haar familie is tydens haar verblyf in die hospitaal nie.

“Met elke oproep het ek die trane in my pa en ma se oë gesien. My pa wat sê: ‘jy moet fight my kind!”

Na die onderhoud staan sy moeilik op en sê nog ’n slag: “sê vir die mense hulle moet versigtig wees asseblief!”

 

 

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button