News

Grafiese inhoud: Boer verloor feitlik sy hele kudde in vewoestende brand

Die vuur is gister vermoedelik op mnr. Fanie Botha se gedeelte van Doornkop aangesteek.

‘n Vuur wat gister op die plaas Doornkop in die Stoffberg omgewing gewoed het, het meer as 30 beeste by een boer dood gebrand.

 

“Ek kon nie twee keer daar verby ry nie. Dit is net te emosioneel,” vertel ‘n ander boer in die omgewing.

 

Die boer sê die brand het in ‘n vlei, “tussen nêrens en êrens ontstaan,” en vinnig versprei.

 

Hy vertel hoe koeie se spene weggebrand het en ander net gedaantes is wat staan met slym wat by hul bekke uitloop.

 

Die beeste maak deel van ‘n groter trop uit wat aan Fanie Grobler behoort.

 

Daar word geskat dat minstens 30 maar dalk meer van die trop dood gebrand het.

 

Die vuur is gister vermoedelik op mnr. Botha se gedeelte van Doornkop aangesteek.

 

Mnr Grobler kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie. Daar word verneem dat hy tans besig is om die skade op sy plaas te bepaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button