Vrou slaap terwyl huis brand
Met die blitsige optrede van die Middelburg Brandweer, is ’n vrou wat gelê en slaap het, uit ’n brandende huis gered.

Bure het kort na 09:00 gesien dat daar rook en vlamme by die huis op die hoek van Brug- en Bonckerstraat uitborrel en het dadelik die brandweer gebel. Hulle was binne minute op die toneel en het die vlamme begin blus.
Omstanders het gemeld dat drie mense uit die huis gehardloop het tydens die brand.
Van die brandweerlede het by ’n gedeelte van die huis ingegaan waar dit nog nie gebrand het nie en ’n vrou, nog vas aan die slaap, op ’n bed gevind. Sy is na buite gehelp en het gelukkig geen beserings opgedoen nie.
•Kort na die brandweer se aankoms, het lede van die Middelburg Verkeersafdeling opgedaag en die pad weerskante van die huis geblok, sodat verkeer nie die brandweer in hul werk kon hinder nie.

Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
