Vrou deur hospitaal sekuriteit rondgeruk
’n Bejaarde vrou beweer dat sy by die Middelburg Hospitaal deur sekuriteitsoffisiere aangerand is, terwyl sy beveel is om in die donker, by die hek, vir haar vriendin te wag.
Die vrou (60) sê dat haar vriendin (70) se man in die hospitaal opgeneem is en dat ’n suster Saterdag laat weet het dat hy beddegoed en klere kort. Haar vriendin, wat nie alleen in die nag wou ry nie, het haar gevra om haar te vergesel.
Die twee vroue is net na 19:00 na die hospitaal. By die hek wou die sekuriteitsoffisier hulle nie laat inry nie en gesê hulle moet hul motor by die hek parkeer en in loop.
“Ons het verduidelik dat ons bejaard is en moeilik loop. Ons wou nie so ver in die donker en koue loop nie,” vertel die vrou, wat anoniem wil bly
Hulle het gevra om met die sekuriteitsopsigter te praat.
Lees ook: Bejaarde deur sekuriteit aangerand
Die vrou sê dat die man op sy tweerigting radio gepraat en later toegelaat het dat net een vrou mag in ry, terwyl die ander een by die hek moes wag. Sy het uitgeklim en is beveel om in die donker op ’n stoel te sit.
Die vrou sê sy het ongemaklik begin sit en het besluit om haar bene te rek. Toe sy naby die sekuriteitshuisie kom, het sy gesien dat daar ’n vrou saam met die wag in die huisie sit.
Die wag het haar gesien en wou aggressief by haar weet hoekom sy daar is. Sy het aan hom verduidelik dat sy sukkel met ’n rugbesering en daarom bietjie rondloop.
Die vrou, wat in die huisie saam het hom was, het vinnig uitgekom en langs haar op ’n stoel kom sit.
“Ek het gedink dat dit baie vreemd was en het besluit om die vrou te probeer afneem met my foon,” sê sy.
Daarna het chaos uitgebreek. Die wag het op haar afgestorm en haar foon by haar probeer gryp.
Die vrou sê dat sy so paniekbevange was dat sy gemaak het of sy op haar foon praat, al het sy nie geld op haar foon gehad nie.
“Ek het gemaak of ek iemand vra om die polisie te bel om na die hospitaal se hek te kom. Ek het hom ook gewaarsku dat ek ons gesprek opneem om te bewys hoe ongeskik hy is.”
Die wag het hulp ontbied op sy tweerigting radio en nog ’n wag het opgedaag. Die tweede wag het die vrou gegryp en haar vasgehou, sodat die eerste een haar kon deursoek en haar foon uit haar broeksak haal.
Hulle het toe begin om deur haar foon te gaan om bewyse uit te vee.
Lees ook: Sekuriteit by hospitaal se skrikbewind
Intussen het haar vriendin teruggekeer na haar besoek aan haar man.
Die vrou vertel dat sy so vreesbevange was dat sy dadelik probeer het om in die kar te klim. Die wagte het haar egter twee keer uit die motor gepluk.
Hulle wou ook nie haar foon vir haar teruggee nie.
“My vriendin het gepleit en gesê ons sal vir niemand sê wat gebeur het nie. Toe ek my foon terug het, het ek vir hulle gesê ek gaan dit beslis nie net so los nie. Toe probeer hulle ons weer keer, maar daar was hierdie keer ander karre wat by die hek gestaan het om uit te kom en hulle moes ons los.”
Die Departement van Gesondheid is genader om kommentaar te lewer oor die voorval. Die navraag is ook aan die Middelburg Hospitaal se uitvoerende bestuurder gestuur.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
