Bloedige geveg ‘oor kos!’
’n Familie is oorbluf nadat daar ’n bloedige geveg voor hul huis uitgebreek het “oor ’n verkeerde kosbestelling en omdat hulle nie tevrede was met die kos nie!”
In die daaropvolgende gebeure het Edmund Venter se kop die randsteen só hard getref, “dat my ore gesing en ek nie geweet het wat om my aangaan nie.”
Sy vrou Teresa, hul seun Heinrigh, swaer Chris van der Walt en sy vriendin, Marlize Vorster, het om die beurt vertel van die drama Sondagaand in Parkstraat. Hulle het laatmiddag kos bestel by Darlings Roadhouse.
Die aanvanklike bestelling was “vyf eisbeins en vier slaaie. Net by een van die eisbeins moes tjips gewees het.”
Heelwat later is hulle gekontak omdat daar net drie eisbeins beskikbaar was.
“Ons het gesê dit is reg, dan moet hulle dan maar net twee 400g ribbetjies met slaai en uieringe maak.”
Die groep mense was baie teleurgesteld toe hulle die kospakkies oopmaak by die huis.
“Dit het gelyk of hulle die ribbetjies in die bokse gegooi het. Daar was blertse sous orals in die boks. En al die einsbeins het tjips by gehad. Boonop was die slaai vrot!”
Hulle het vir die Darlings eienares, Lize Marie Venter, ’n stemboodskap gestuur, waarin hulle gesê het hulle is teleurgesteld.
“Ons bestel al van 2019 af kos by hulle en jy sal hoor ons praat met haar as ‘vriendin’. Ons het ook gevra of sy dalk net nie daar was nie en die verkeerde bestelling dalk so kon deurgeglip het. Al ons stemboodskappe was ordentlik!”
Die stemboodskappe is ook vir die joernalis gestuur.
Die volgende oomblik het hulle ’n stemboodskap van Hannes Venter (Lize Marie se man) ontvang. Die boodskap het as volg gelui: “Hallo, ek is op pad na julle toe. Kry my kos reg dat ek dit kom kry en in my gat druk. As dit so sleg is, dan druk ek dit in my eie gat. Kry dit reg, ek is op pad!”
Met hul aankoms, het Chris uitgestap en probeer verduidelik waarom hulle ongelukkig is met die bestelling.
“Hannes het vir hom geskree: ‘bring net my v…n kos!” Edmund het die geskree buite gehoor en uitgekom.
“Ek het my hande in die lug gehou en vir hom gesê: ‘kalmeer net!’ waarop Lize Marie uit die bussie uit geskree het: ’julle p…se, julle het altyd ’n probleem met die kos!”
Teresa sê sy, Marlize en Heinrigh het ook die kabaal buite gehoor. Die twee vrouens het binne gebly en Heinrigh is na buite.
Volgens Heinrigh het hy ook vir Hannes gesê: “kalmeer net, koms ons praat. Hannes het egter vanaf die straat geskree: ‘julle is drie. Wag net dat ek my tjomme bel!”
Edmund het weer die situasie probeer ontlont en vir Hannes gesê: “Dis nie nodig nie, vat net die kos en loop. Hou nou net op.”
Op hierdie tydstip was hy ook al buite sy erf.
“Voor ek kon keer het Hannes my gestamp en het my kop die sypaadjie getref. My ore het gesing en ek het vir ’n ruk daar gelê, ek het nie geweet wat aangaan nie.”
Heinrigh het aangehardloop gekom om sy pa te help, “maar Hannes het my op die kakebeen geslaan en ek het hom teruggeslaan. Daarna het ek hom vasgevat, teen die grond vasgedruk en vir hom gesê: ‘Hannes, kalmeer net.’ Na ’n rukkie het ek vir hom gesê: ‘Oom Hannes, het jy nou gekalmeer?’ waarop hy vir my gesê het: ‘ja my tjom.”
Heinrigh sê die oomblik toe hy sy greep verslap op die ouer man, het Lize Marie hom geskop.
“Sy het vir ons geskree: ‘ons gaan nou polisie toe. Julle sal k..k julle p..se!”
In die proses het hy sy bril verloor en het hy gesien hoe die persoon wat saam met Hannes hulle gekom het, sy bril wegskop.
“Gelukkig het my bril niks oorgekom nie.”
Chris was tydens die laaste gebeure die hele tyd by Edmund om hom te probeer bybring. Hy het alles sien gebeur.
“Edmund se seun het gesien hoe sy pa geslaan word en sy kop die randsteen tref. Soos enige kind het hy sy pa gaan verdedig.”
Volgens Chris het hy gehoor hoe Hannes hulle sê hulle gaan “terugkom met vriende.”
•Die familie het ’n aanrandingsklagte geopen.
•Lees elders Lize Marie Venter se weergawe van die gebeure.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
