News

Jacqui by Clubville Apteek het gewen!

Die Clubville Apteek se apteker, Jacqui Clapton is die wenner van die Adcock Ingram/Media 24 se Sponsors of Brave kompetisie!

Dit is gister amptelik bekend gemaak en die apteek het R25 000 gewen!

Me. Clapton het egter Bethesda, ’n skool vir gestremdes, genomineer vir die toekenning en R10 000 se nie-bederfbare kos en lekkernye is vir die skool gekoop. Die res van die wenprys, R15 000, aan die hoof, mnr. Shane du Preez, oorhandig. Dit sal aangewend word vir die werksaamhede by dié skool.

•Me. Clapton was die beoordelaarskeuse.

Die wenvideo: https://partners.24.com/SponsorsofBrave/Meet-the-Judges-Choice-Winner/index.html

Www.mobserver.co.za was ook daar om die vreugde saam met die apteekpersoneel en Bethesda se personeel en leerlinge te deel. •Me. Clapton het dié brief geskryf om almal te bedank wat hulle ondersteun het van die aand wat die apteek afgebrand het, tot die dag wat hulle die kompetisie gewen het. “Hoe se mens dankie?

Dankie:

*Aan Laura du Plessis wat ons genomineer het…was dit nie vir jou nie, sou ons nie kon wen nie!

*Aan elke kliënt van Clubville Apteek en Middelburger, vir al jul ondersteuning, al jul stemme, al jul liefde en omgee vir ons as apteek, nie net wanneer dit moeilik gegaan het met die brand nie, maar elke liewe dag, ons is verby geseënd met die wonderlikste kliënte en mense in ons lewens.

Die dag na die brand was julle net daar… ons is verniet van internet voorsien, ons hoofrekenaar, wat nie gesmelt het nie, is nagegaan en gered, daar is drinkgoed, eetgoed en middagetes voorsien.

Woorde van aanmoediging en ondersteuning was eindeloos, ons is uit ons harte dankbaar vir elke liewe een van julle! Dankie dat jul ons bly ondersteun het onder gazebo’s binne-in vraghouers en dit steeds doen, dankie! Dankie Middelburg vir al jul stemme!

*My ander Clubville Apteek helfte en liefde, waar sou ons wees as dit nie vir jou was nie, jy is net altyd daar Hannes Clapton. Niks is vir jou moeite nie, jy het soveel gedoen. Van nuwe apteek uitleg uitdink tot elke fyn detail uitpluis, oproep na oproep om dinge te vervang, die apteek aan die gang te hou elke dag, die lys is oneindig. Meer as een besoek aan die winkels vir Bethesda se aankope.

Jy is ’n steunpilaar en die beste organiseerder en denker wat ek ken, ek is bevoorreg om steeds by jou te kan leer. As ek weer sien is iets gereël, iets vervang, iets reggemaak, ‘you just get things done’! Ons werk so lekker in die nuwe apteek en dis te danke aan jou.

*Ons Clubville familie, ons hartsfamilie! Toe ons weer sien is daar gazebo’s, tafels, kampkassies, tweerigtingradios en siedaar ons veldapteek, ons weet nou nog nie hoe dit gebeur het nie, al wat ons weet is ons is dankbaar vir elke liewe een van julle, julle liefde en saamstaan en ondersteuning gedurende hierdie paar maande sal ons nooit vergeet nie, julle beteken die wêreld vir ons.

Daar was nie eens twee gedagtes nie, julle was daar tydens die brand en die volgende dag was julle saam met ons onder die gazebo’s besig om te hardloop en te sweet en te ‘smile’, ons hoop julle weet hoe baie julle vir ons beteken!

As dit nie vir julle was nie, het ons beslis nie die toekenning gewen nie, om saam met julle te werk elke dag is ’n voorreg en eer, julle is eerlikwaar onvervangbaar, sonder twyfel. Tom, Susan, Anri, Charné, Sulita, Anna, Réghard, Gerda, Sarah, Salomie, Sara, julle is verby ‘awesome’, julle is Clubville Apteek. Dankie vir elke dag se saamstaan, se saam huil se saam lag, julle is die beste ding wat met ons kon gebeur het!

*Dr. Nell, Pelimpasakis, Steenkamp, Meyer (Keys), Viljoen, Jonker en Marié, Sylvia, Lelanie, Griet, Vicky, Sanri, Louise, Riana, Elsie, Jossie dankie vir al die hulp en ondersteuning, ons sal dit nooit vergeet nie.

Van spreekkamers leen vir voorraad en verfilming tot jul praktyk vir ons oopstel, al die ondersteuning met die bou van die apteek, ons is so dankbaar vir julle, julle is die familie langsaan wat vir ons so baie doen en beteken, dankie!

*Aan al die apteke in die dorp wat daar was vir ons, wat jul hulp kom aanbied het, alles wat nodig is om te kan resepteer vir ons gebring het, hulp met voorraad, drinkgoed en eetgoed afgelewer het, oproepe, boodskappe, ondersteuning, dankie. Dit is ’n eer om deel te wees van hierdie apteekgemeenskap.

*Ons familie en vriende, wat sou ons sonder julle doen? Dankie familie en vriende vir elke boodskap, oproep, raad, hulp en liefde, ons is lief vir julle! Dankie dat ons ‘n oproep kan maak (ma en pa) en julle is daar.

*Jurgens en Giel, ons is so trots om te kan sê julle het die apteek herbou. Julle het die proses so maklik gemaak, julle is uitstekend in jul werk. Ons is méér as tevrede, ons is in die wolke oor die resultaat. Dankie vir alles, ons sal nooit vergeet wat julle vir ons gedoen het nie.

Tanya vir die apteek ontwerp, sjoe wat kan ons sê, dis iets besonders. Ruben en span (mooiste, mooiste kaste), Joseph, oom Cecil, oom Hans, Jeremy, Jonty, Pieter en Chrissie, Roger, Dirk en span, Riaan, Manuel, dankie, die nuwe apteek is die beste ding wat nou met ons kon gebeur het te danke aan jul harde werk.

*Daleen en Tobie by die Middelburg Observer en www.mobserver.co.za, duisend dankies vir alles, vir die artikels en die Facebookblad, julle kan regtig trots wees op die werk wat jul doen vir ons dorp en gemeenskap, ons is beslis.

*Adcock Ingram Sponsors of Brave inisiatief, dankie dat jul apteke en die werk wat hul doen in die kollig geplaas het, dis ’n wonderlike ding wat jul doen! Kim, de Wet, Nicklelay, dankie dat jul ons so goed laat lyk het, al is ons sommer net ons.

*Shane en Bethesda Huis van Hoop, dankie vir die wonderlike, onbaatsugtige werk wat julle doen. Julle word raakgesien en waardeer.

*As daar een ding is wat ek geleer het en gesien het, is dit hoe Middelburg en sy mense kan saamstaan, dis ‘amazing’! Kom ons maak sáám ’n verskil al is dit hoe klein. Ondersteun asseblief vir Bethesda, hulle verdien elke bietjie hulp wat ons kan verleen, hulle is ’n voorbeeld vir ons almal.

•Mnr. Du Preez bedank die organiseerders van die kompetisie en me. Clapton en haar span wat hulle gekies het. “Ek dink nie julle besef hoe baie dit vir ons beteken nie!”

 

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button