News

Vrou sê kinders het geveg gesien

Die eienaars van Darlings Roadhouse het regshulp gekry na ’n geveg Sondagaand by kliënte se huis waar hulle beserings opgedoen en hul negejarige seuntjies “alles sien gebeur het.”

Lize Marie Venter sê haar tweelingseuns sal moet gaan vir sielkundige hulp, nadat hulle gesien het hoe haar man, Hannes, aangerand word.

Sy het bevestig dat haar man ’n stemboodskap vir Marlize Vorster gestuur het en dat hulle besluit het om self die kos te gaan haal waaroor die kliënte ongelukkig was en dit ook van hul rekening af te haal.

“Toe ons by die huis in Parkstraat stop, het Chris op my begin skree. Hannes het vir hom gesê hy hoef nie die kos te eet nie.”

Lize Marie het opgemerk dat Edmund Venter en sy seun, Heinrigh, by die huis uitkom.

“Edmund het sy gesig in Hannes se gesig gedruk en gesê: ‘jy ken my nie!’, waarop hy na Hannes geswaai het en hom raakgeslaan het. Hannes het homself verdedig en hom een hou terug geslaan.”

Volgens Lize Marie het Chris daarna haar man vasgehou, terwyl Heinrigh hom vasgedruk en gewurg het. Sy het ontken dat sy vir Heinrigh geskop het.

“My hande is blou soos ek probeer het om hulle van Hannes af te trek! Een ou kan tog nie teen drie baklei nie!”

Sy sê hulle het eerste haar man begin rondstamp en geslaan. Na die geveg “is sy gesig opgeswel en sy knieë nerfaf.”

Lize Marie het bygevoeg dat sy “nog nooit” probleme gehad het as Chris alleen ’n bestelling by hulle geplaas het nie.

“Elke keer as Teresa iets bestel, dan is daar iets fout met die kos. Hoekom bestel sy dan kos as sy nie daarvan hou nie? Ons lewer duisende bestellings elke maand af en het hordes mense wat ons ondersteun. Dit is die eerste keer dat so iets gebeur! Nie almal se smaak is dieselfde nie en as ’n kliënt ongelukkig is oor iets, dan sorteer ’n mens dit ordentlik uit. Nie op hierdie manier nie!”

Sy het gesê dat sy oortuig is dat die mans wat haar man aangeval het, almal onder die invloed van drank was.

•Die egpaar het ook aanrandingsklagtes aanhangig gemaak en Lize Marie het aangedui dat hulle ook besig is met ’n siviele aksie.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button