Nog net 24 848 inentings op Middelburg
Middelburg is nog nie eers halfpad met sy inentings nie. Tot dusver het nog net 24 848 mense uit ’n populasie van 156 329 hulle laat inent.
Terwyl sokker stadions die naweek in Engeland volgepak was, nadat die Engelse bevolking hulle in miljoene laat inent het, is daar nog ’n groot traagheid onder Suid-Afrikaners, hoofsaaklik vanweë vrese wat deur fopnuus veroorsaak word.
In ’n land waar daar vinnig blikkieskos bymekaar gemaak word en petrolhouers gereed staan vir wanneer die petrol “klaar raak”, is dit nie verrassend nie.
In hoeveel huise staan daar ’n oorskot kruideniersware en hoeveel voertuie is volgemaak na die Julie stropery in Natal en Gauteng?
’n Gunsteling verskoning om nie die inenting te kry nie is ook “maar wat gaan oor twee jaar gebeur?”
Maar wat van as die dood more aan jou deur kom klop?
Hoe vinniger Middelburg inwoners hulle laat inent, hoe vinniger kan sake op die dorp normaliseer.
Daar is genoeg inentpunte op die dorp en die proses is vinnig en doeltreffend.
In die eMalahleni omgewing met ’n bevolking van 258 850 inwoners het 27 726 mense hulle al laat inent.
Die statistieke is:
Steve Tshwete:
60 en ouer: 21 682 (totale bevolking); 10 698 (registrasies); 16 389 (inentings)
50 – 59: 25 371 (totale bevolking 7 812 (registrasies); 3 838 (inentings)
35 – 49: 109 276 (totale bevolking); 13 300 (registrasies); 4 621 (inentings)
eMalahleni:
60 en ouer: 32 127 (totale bevolking); 13 489 (registrasies); 17 353 (inentings)
50 – 59: 42 166 (totale bevolking); 10 693 (registrasies); 6 282 (inentings)
35 – 49: 184 557 (totale bevolking); 18 693 (registrasies); 4 091 (inentings).
