News

Man in kop geskiet tydens rooftog

Noodgroepe in die Hoëveld is in rep en roep nadat rowers toegesak het op twee Ram afleweringsvoertuie sowat 10km buite Bethal en ’n man in die kop geskiet is.

’n Persoon het kort voor 10:00 op noodgroepe gesê dat hulle op die toneel staan en dat die slagoffer, wat in die kop geskiet is, nog in die pad lê en dat die ambulans ook nog op die toneel is.

Hy het gesê dat mense gewaarsku moet word, aangesien die verkeer geweldig ophoop.

Om 09:55 het ’n ander persoon, wat homself geïdentifiseer het as Michael, ’n beroep op Mpumalanga reaksielede gedoen om op die uitkyk te wees vir die rowers.

Volgens hom het hulle gevlug in ’n Bantam bakkie en dat hulle moontlik in die rigting van Secunda of Kriel jaag.

Minute later het ’n ander persoon gemeld dat hulle reeds op Secunda besig is met die saak en dat ’n silwer Toyota Etios betrokke is in die roof. Op daardie tydstip het die voertuig reeds deur Bethal gejaag in die rigting van Hendrina.

Verder is gesê dat daar lede in Hendrina en Middelburg op die uitkyk is vir die voertuig.

•Die registrasienommer van die silwer Etios is deurgegee as KB12JHGP.

•Dit is nie op hierdie stadium duidelik of die rowers nog gejaag word en of hulle al gearresteer is nie. Sodra meer inligting beskikbaar is, sal ons daaroor berig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button