News

Daar is ’n blouwildebees in Kanonkop

Daar was al ape, bobbejane, koedoes, vlakvarke, otters, bosvarke, vele likkewane, muskeljaatkatte en selfs krokodille op die dorp, maar ’n blouwildebees? Nooit gesien nie?

Dit was nie verbasend dat joernaliste skepties was oor die blouwildebees agter in ’n erf nie. Ja dit is waar, daar is ’n blouwildebees kalfie by ’n huis in Kanonkop.

Steven en Kay Welken is besig is om die blouwildebees kalfie met die naam Joey te speen van die bottel af.

Die egpaar het die jonge heer se lewe gered. Een van die werkers op die plaas het hulle een oggend kom roep. Die kalfie, wat omtrent net ’n dag of twee oud was, het wees in die veld gelê. Hulle vermoed ’n luiperd het die ma gevang.

Die egpaar, wat al ’n paar wilde diere van ’n gewisse dood gered het, het hulle dadelik oor die kalfie ontferm. Hy was gedehidreer en het erge bytwonde aan sy bene gehad.

Alhoewel dit nie luiperd bytplekke was nie, vermoed hulle dat ’n jakkals hom beetgekry het.

Die probleem was dat die egpaar nie voltyds op die plaas is nie en iemand moes na die knapie se wonde omsien en seker maak hy kry genoeg kos. Al oplossing was om hom saam te bring na hul huis in Kanonkop. “Die veearts het nie hoop gehad dat Joey gaan oorleef nie, weens die lelike bytplekke, maar ons het hom bly versorg en na drie maande uiteindelik die wonde gesond gekry.”

Mnr. Welken sê die kalfie is darem nie ’n steen des aanstoots vir die mense in die omgewing nie.

“Die kinders langsaan het ’n permanente leer teen die muur om elke dag vir Joey te kom kuier. Die mense wat verbyloop se kinders kom ook gereeld vra of hulle kan inkom om na hom te kyk.” Me. Welken sê dit is belangrik dat Joey weer moet terug na die blouwildebeestrop toe “waar hy hoort. En sodra hy self eet en dit bietjie warmer is, gaan ons hom weer daar loslaat.”

•Vir nou wei hy rustig in hul erf en verlustig hom aan al die aandag wat hy kry. •Die egpaar het ’n foto en video vir die joernalis van www.mobserver.co.za gegee om te wys hoe klein hy was toe hulle hom gekry het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button