News

Papapavlou moordsaak: Vrou tans besig met formele borgaansoek

Simoné Papapavlou is tans in die beskuldigdebank vir haar formele borgaansoek.

Simoné het met tranerige oë die hof binne gestap.

Haar mede beskuldigde, Patricia Ray-Lee Smith, se regsverteenwoordiger het aansoek gedoen dat haar kliënt vir hofverrigtinge verskoon word.

Die hof het haar aansoek toegestaan.

Smith is reeds op borg vrygelaat.

Papapavlou, wat haarself verlede week aan die polisie in Groblersdal oorhandig het, se borgaansoek word vandag aangehoor.

Smith word aangekla van sameswering tot moord terwyl Papapavlou bykomende klagtes van poging tot moord, moord, regsverydeling en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie in die gesig staar.

Die klagtes volg na die moord op Raymond Papapavlou in Oktober 2020.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button