News
Papapavlou weduwee se borgaansoek uitgestel
Die borgaansoek van moordverdagte, Simoné Papapavlou, is weer uitgestel.

Die borgaansoek is Donderdag tot laatmiddag aangehoor in die Groblersdal Landdroshof en die saak uitgestel tot vanoggend.
Papapavlou het vlugtig verskyn en die saak is uitgestel na Woensdag, sodat haar borgaansoek voorgesit sal word, aangesien die landdros nie vanoggend beskikbaar was nie, weens persoonlike redes.

Haar mede-beskuldigde, Patricia Ray-Lee Smith, was ook vanoggend by die hofsaak. Sy is egter al verlede jaar op borg vrygelaat.
Smith word aangekla van sameswering tot moord, terwyl Papapavlou bykomende klagtes van poging tot moord, moord, regsverydeling en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie in die gesig staar.
Die klagtes volg na die moord op haar man, Raymond Papapavlou, in Oktober 2020.