News

Ma pleit: ‘bid vir my vyf weke oue baba wat veg teen Covid’

’n Vyf weke oue baba veg vir haar lewe teen die Covid-19 virus in ’n spesiale intensiewe eenheid wat vir haar ingerig is by die Life Midmed Hospitaal.

Adela Malan en haar verloofde, Christo Grobler, pleit “by enige iemand wat meer weet van babas rondom die virus hoe hulle ons kan help om ons kind se lewe te red.”

Mense van regoor die land het haar desperate Facebookplasing gesien waar sy sê: “Here ek roep na U Here!” en mense vra om aan te hou bid.

Milané Grobler is haar ouers se pragtige oogappel.

“Tot dusver is dit hoe sy deurkom, dit is net deur die konstante gebede,” het sy vanmiddag vir www.mobserver.co.za gesê.

Me. Malan sê hul dogtertjie, Milané, het op 15 Augustus siek geword en is dieselfde dag opgeneem in ’n spesiaal ingerigte eenheid vir die baba.

“Ons vra net gebede en hulp.”

Daar is ’n spesiale eenheid by die hospitaal ingerig vir Milané.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button