News

Baba veg teen Covid-19: ‘Milané is ons warrior prinses’

Milané Grobler, die vyf weke oue baba wat tans vir haar lewe veg teen die Covid-19 virus in die Life Midmed Hospitaal, is gister deur haar pa ingeseën.

“My verloofde het haar ingeseën, want hy is die hoof van die huis,” het me. Adela Malan vanoggend gesê.

Adela en Christo Grobler gaan deur ’n moeilike tyd vandat hul baba op 15 Augustus in die Life Midmed Hospitaal opgeneem is.

“Ons vat dit dag vir dag,” sê me. Malan.

Sy sê dat hulle boonop na ’n ander blyplek moet trek en dit hulle darem besig hou.

“Tussen dit en al die boodskappe hanteer ons darem alles. Ons waardeer dit so dat mense die hele tyd saam met ons bid. Ons moet sterk wees vir ons dogter, dit kan nie anders nie.”

Omdat Milané in die intensiewe eenheid is en hulle ’n spesiale area vir haar moes inrig, kan haar ouers nie die hele tyd by haar wees nie.

“Ons stel ons wekkers elke twee ure om die hospitaal te bel. Een van ons mag elke dag vir vyf minute by haar wees en dan maak ons beurte by haar en salf ons haar.”

Me. Malan sê hul dogtertjie is onder behandeling van ’n goeie dokter en dat sy baie dankbaar is vir die hulp van die personeel van die hospitaal.

“Sy is protected under the blood of Jesus, in the house under the Blood. Dis al waaraan ons vashou. Sy is ons warrior prinses.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button