News

Driejarige sien hoe ouer boetie deur die lug trek

Die Minnaar gesin gaan ’n saak van roekelose bestuur verder voer, nadat die tienjarige Carel Minnaar, op die sypaadjies so hard deur ’n bakkie getref is, dat hy teen die bure se muur vasgeslinger is.

Die ongeluk het Saterdagoggend tussen 11:00 en 12:00 in Joubertstraat plaasgevind, toe Carel, sy driejarige boetie Charlo en hulle ma, Charmaine, op pad terug was na hulle oupa se huis vanaf OK Grocer.

Carel se pa, Carel snr, vertel dat sy vrou en twee seuns op die sypaadjie was naby die huis, toe die bakkie van Meyerstraat se rigting afgejaag het. Charmaine kon hoor hoe die wiele skree toe hy van die stopstraat af wegtrek en toe beheer verloor het, voordat hy Carel jnr raakgery het.

Carel is deur die lug geslinger.

Hy is nerf af, gekneus en nog baie deurmekaar na die voorval, maar het gelukkig nie breuke opgedoen nie, en is die selfde dag ontslaan. Hoewel sy gesin dankbaar is dat hy leef, is hulle hewig ontsteld dat die bestuurder nooit op die toneel gearresteer is nie.

Volgens Carel snr het die bestuurder die toneel verlaat, en nadat hy terug gebring is deur die eienaar van die bakkie, kon hy nooit ’n rybewys toon nie.

“Dis as gevolg van roekeloosheid dat mense op sypaadjies beseer word. My kind kon dood gewees het,” het Carel vertel.

“Ek was by die werk toe ek die oproep kry, en ek kan nie beskryf wat deur mens kop gaan nie. Ek het huistoe gejaag en gewonder wat wag op my.”

Die bakkie is teen die boom vas, nadat die bestuurder beheer verloor het van die voertuig.

Hy vertel dat Charlo steeds bly praat oor “die bakkie”.

“Charmaine sê dat dit net ’n wonderwerk is dat Charlo nie ook getref is nie, die bakkie het hom met millimeters gemis.”

•Die Minnaar gesin het ’n saak gemaak by die Middelburg SAPD. Navraag oor die ondersoek is ingedien, maar geen kommentaar is ontvang teen druktyd nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button