News

Boere veg saam teen Keerom vuur

Boere reg rondom Middelburg het Sondag saam geveg teen ’n wegholbrand op ’n gedeelte van die Keerom- en Koelenhof plotte.

Mnr. Louw Rootman, een van die boere op die Keerom plotte, sê dit is vir hom belangrik om elke persoon wat Sondag gehelp het, te bedank.

“Was dit nie vir julle almal se hulp nie, sou daar beslis huise afgebrand het en diere beseer of gedood gewees het.”

Mnr. Johann Hattingh (ook van die Keerom plotte) sê mnr. Odendaal het hom omstreeks 06:00 gebel en gesê hy sien ’n rokie trek in die koppie van die munisipale gronde. Mnr. Hattingh het uitgekyk na buite, die rook gesien en dadelik die brandweer gebel. Kort na 10:00 het die vlamme oor die pad gespring en ontaard in ’n wegholbrand.

Beide mnr. Hattingh en mnr. Rootman sê vanaf die oomblik wat die boodskap uitgestuur is vir boere om te kom help, het daar van oral af hulp opgedaag.

“Daar was 10 Land Cruisers en talle ander bakkies met boere wat met hul vuurspuite, vuurblasers en plakke opgedaag het,” sê mnr. Rootman.

Mnr. Hattingh meld dat hy en mnr. Odendaal ook die brandweer gehelp het, toe die brandweervoertuig sonder water was. Omstreeks 15:30 is die vuur geblus en kon almal eers huiswaarts keer. Mnr. Hattingh raam dat daar sowat 35ha veld (munisipale grond en plotte) in die brand verwoes is.

“Ons is egter dankbaar dat niemand beseer is nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button