News

Baba Milané ‘was ’n wonderwerk’

‘My baba was my reënboog... Sy was ons liggie, ons vlam. Sy sal altyd ons liggie en vlam bly.”

Die bietjie meer as ses weke oue Milané Grobler is Dinsdagaand in die Life Midmed Hospitaal se intensiewe eenheid oorlede met haar ouers, Adela Malan en Christo Grobler by haar.

“Hulle het ons so half ses se kant gebel. Ons kon heeltyd by haar bly tot sy haar laaste asem uitgeblaas het. Sy is omtrent net na 20:00 oorlede. Ons kon na die tyd, toe hulle haar mooi gemaak het, haar vashou.”

Milané het sedert 15 Augustus in die hospitaal teen die virus gestry en het die dokter en personeel alles menslik moontlik gedoen om haar lewe te probeer red.

Haar ouers kon haar elke dag vir vyf minute besoek en het Adela, daagliks op die Facebookblad, “Gebede vir Baba Milané Grobler” almal op hoogte gehou van baba se toestand.

Teen Dinsdagmiddag het haar toestand egter versleg en is die egpaar hospitaal toe waar sy later gesterf het.

Adela sê haar dogtertjie se naam het in ’n droom aan haar verskyn.

“Haar naam beteken Vlam van God, maar in Hebreeus beteken haar naam wonderwerk.”

Sy glo dat al is hulle harte seer en hulle kwaad is, “dat Jesus ’n groter plan het met hul kind se afsterwe.”

Adela het haar familie en elke persoon daarbuite bedank vir hul gebede.

“Ek voel God wou mense se geloof weer versterk het, ook met die werk van Milanétjie en ons self weer. Hierdie virus het nie gewen nie, maar God het oorwin. God is groter as ’n virus en my baba is nie net ’n statistiek nie. Wanneer iemand vra oor Milané Grobler, sal hul weet dis die klein vegtertjie van Jesus.”

•In ’n Facebookplasing het sy gesê Milané is “veilig en speel in die mooiste tuin saam met haar boetie, Christiaan.” Christiaan is stil gebore op 4 Januarie 2018.

•Die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button