News

Lofprysing gaan aan vanaand

Alhoewel daar gebede en lofprysing vanaand gehou sou word by die Witkerk om vir Milané Grobler se genesing te bid, is daar besluit om tog aan te gaan met die lofprysingsaand.

Werner en Maryna Malan, wat met “Lofprysing in Lockdown” al van verlede jaar af met musiek bemoediging vir mense bring, het gevra dat mense vanaand weer om 18:00 by die Witkerk byeen kom.

In ’n boodskap wat wyd gedeel word, sê hulle: “Ons gaan steeds voort met die beplande Lofprysing en gebed. Haar ouers en familie het nou ons gebede nodig!” Persone wat dit nie kan bywoon nie, kan dit virtueel volg op hul Facebookblad.

“Dis tyd dat ons begin saam staan in gebed! Begin opstaan vir Jesus! Ons almal wil genesing en verandering sien, maar net ’n handjie vol bid. Die Bybel sê: ‘waar twee of meer in My naam vergader, daar is Ek.’ Dis tyd dat die duiwel moet sien ons vrees hom en sy aaklige siekte nie! Ons krag lê by Jesus.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button