News

Hond verdwyn – kopkrap met karkas oor muur

Talle inwoners, waaronder ook minderjarige kinders van Pullenshope is hewig ontsteld nadat ’n dier se karkas gistermiddag oor ’n muur gehang het.

By navraag aan die persoon wat die dier geslag het, het hy klaarblyklik gesê dat dit ’n jakkals is wat geslag is.

Verskeie mense het www.mobserver.co.za gekontak en gesê dat hulle vermoed dit is ’n hond of ’n kat.

“My hond het juis onlangs verdwyn!” het een inwoner ontstoke gesê.

Daar was ook spekulasie dat dit ’n muishond of meerkat kan wees. Die inwoners het gevra of die Middelburg Dierebeskermingsvereniging nie kan ingryp nie.

Senior-inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, Middelburg DBV) sê die Dierebeskermingswet maak voorsiening daarvoor dat diere geslag en geëet mag word. Dit mag egter nie verkoop word as dit nie by ’n abattoir geslag is nie.

“Alhoewel dit baie erg is, is die vraag hoe die dier doodgemaak is. As ons nie wreedheid kan bewys nie, kan ons niks doen nie.”

•Dr. Leon Connoway (veearts, Kanonkop Dierekliniek) het ook kopgekrap oor watter tipe dier dit kan wees.

“Met die wit wolletjies wat om die kop en nek is, laat dit ’n mens dink dat dit ’n maltese poedel kan wees. Die koppie is vir my egter bietjie te skerp.” Hy vermoed dit is ’n groot tipe jong muishond na aanleiding van die skerp koppie en tande.

“Die karkas se vleis is mooi pienk, wat ’n aanduiging is dat die dier nie wreedaardig doodgemaak is deur hom byvoorbeeld te wurg nie. As hy wreed doodgemaak is, sou die karkas se vleis donkerder gewees het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button