News
Kyk hier na Milané se begrafnis
Milané Grobler, die baba wat in almal se harte gekruip het, in haar stryd teen die Covid virus, se begrafnis kan op www.mobserver.co.za gevolg word.
Daar is besluit om die diens te beeldsend, weens die nasionale belangstelling en gebede reg deur die land vir Milané.
Sy is Dinsdagaand oorlede, nadat sy sedert 15 Augustus in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hospitaal teen die virus geveg het.
Lees ook: Baba Milané ‘was ’n wonderwerk’
Adela Malan en Christo Grobler se baba is op 13 Julie gebore en was net bietjie meer as ses weke oud, toe sy weens die virus gesterf het.
• Kyk hier na die diens:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
