Ons kinders was veilig, nie meer nie! Gaan spuit.
Daar is pas verneem dat nog drie babas gehospitaliseer is in op Trichardt.

Eers was dit die 60+ jariges wat deur die vernietigende Covid-19 virus getieken is, en nou is dit babas en kinders.
Bejaardes en die met kwel-diagnoses soos diabetes en hipertnensie moes tuisby, en steeds vir eie veiligheid afsonder, maar nou maai die virus onder kinders.
Daar is pas verneem dat nog drie babas gehospitaliseer is op Trichardt.
Dis op ons voorstoep, en die eerste hatrverskeurende deurklop was hier, op tuisbodem, met Milane Malan van wie daar vandag met swaar harte afskeid geneem is na ‘n lang geveg met die virus.

Sy was maar ses weke oud.
Www.mobserver.co.za het vroeër vandag berig oor klein Eon Maree wat opgeneem is met Covid-19 komplikasies.
Hy is die tweede baba onder 1-jaar wat veg om oorlewing.
Sy ouers vra vir gebede. Draers en vegters word al hoe jonger, net weke, of maande, oud.
Dokters maan ouers om te gaan spuit.
