News

Botshabelo kampvegter na parlement

Die voormalige kurator van Fort Merensky wat as nasionale monument verklaar is, sê hy loop hom selfs teen die howe vas in sy voortslepende stryd om die Botshabelo grondeis onwettig te laat verklaar.

Mnr. Barlow, wat lank reeds kuratorskap van die fort neergelê het, basseer sy siening dat die grondeis ongrondwetlik is op talle geskiedkundige hofuitsprake. Hy meen die grondeisers is vergoed toe hulle in die 70’s Motetema toe geskuif is.

Hy beskuldig eisers dat hulle ’n “stroop en plak beleid” volg met betrekking tot Botshabelo, ondanks ’n bindende ooreenkoms met die regering dat Botshabelo as natuurreservaat en kultuurerfenisterrein bestuur sou word.

Mnr. Barlow meen dat ’n uitspraak van die appèlhof in 2004, “alle grondeise wat destyds deur die grondeisekommissaris in kamers geneem is sonder saaknommers op rekord by die Grondeisehof, ongrondwetlik is en tersyde gestel word”.

“In die geval van Botshabelo was me. Dirkje Gilfillan, die prokureur van die Legal Resources Centre wat die onwettige eis in 1995 namens die gemeenskap ingestel het, nie net die aanklaer nie, maar ook die regter toe sy as Grondeise Kommissaris vir die Noordelike Provinsie en Mpumalanga die eis in 2000 goedgekeur het,” sê mnr. Barlow.

Me. Gilfillan het bevind dat die eisers die nakommelinge is van die oorspronklike koper van Botshabelo in 1864, Johannes Dinkwanyane.

“Dit word verwerp deur Verslag 9/1995 van die Minister van Grondsake wat bevind het “Botshabelo is in besit van die Berlynse Sendinggenootskap met ’n jaarlikse betaling van een Pond tien”.

Mnr. Barlow het die Openbarebeskermer in 2015 genader om die grondeis op hersiening te neem.

E-posse vanaf die OB se kantoor bewys dat voormalige OB, advokaat Thuli Madonsela, ’n vorderingsverslag vanaf Nelspruit se grondeise kantore aangevra het oor die regsgeskiedenis van die eis.

Mnr. Barlow sê dat die eisers in 1972 tydens verwydering van Botshabelo na Motetema, beide geldelike vergoeding en huise ontvang het. Honderde gesinne van die bykans 1000 sterk eisersgemeenskap woon steeds in Motetema.

Die Botshabelo grondeis is volgens hom ook ongrondwetlik omdat eise wat voor 1913 ontstaan, aangehoor en afgehandel is, nie oorweeg kan word nie. Advokaat Elsabe de Waal, hoof hersieningsbeampte by die OB, is tans in beheer van die ondersoek.

“Beide die Ndebele of Swazi begunstigdes van 1971 is nie geken in die grondeis nie, net die Pedis, die sogenaamde afstammelinge van Johannes Dinkwanjane wat ook die plase Frishgewaagt en Boomplaas by Lydenburg van die Duitse eienaars, soos in die geval van Botshabelo, as hulle voorvaderlike grond geëis het,” sê mnr. Barlow.

“Daar was onbehoorlike politieke inmenging op alle vlakke met die grondeis,” sê mnr. Barlow.

Die OB se Nelspruit kantore sê dat alle bewerings reeds deur die grondeise hof opgeweeg is, en dat die grondeis daarvolgens toegestaan is, maar geen uitspraak of hofnommer tot die saak kan verskaf word nie. Intussen is die hersiening nog oop en word dit ondersoek.

Mnr. Barlow het hom nou na die parlement se portefeuljekomitee vir grondeise gewend, maar nog niks van die voorsitter gehoor nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button